Kersdag Erediens by Ellensrust Karavaanpark

Vir almal wat op die kampeerterrein bly. Kersdag 25 Desember. 8:30.

Al was ek nie daar nie

1.Al was ek nie daar nie,ek weet dit is waar

Die krip en Maria en die kindjie by haar

Dis of ek die engel die boodskap hoor bring

Van Jesus se vrede wat harte laat sing

2.Al was ek nie daar nie, ek weet dit is so

Die herders en wyses het dit eeste geglo

En deur al die jare bou Jesus sy kerk

Die Gees en en die woord kom geloof in ons werk

Kom kinders besing met ‘n vrolike stem

1.Kom kinders besing met ‘n vrolike stem

Die wonder van God in die stad Bethlehem

Want daar is die Heiland gebore die nag

Die hoop van die wêreld deur eeue verwag

2.Geringe klein dorpie in duister gehul

‘n heilswoord is deur die geboorte vervul

Die lig van die wêreld, die God’like kind

Is Jesus in wie ons die saligheid vind

4.Ons bring soos die herders en engele weer

Aan Hom alle hulde ons Heiland en Heer

Verlos van die sonde, besing ons tesaam

Die roem en die eer van sy heerlike naam

In die stad van Koning Dawid

1.In die stad van Koning Dawid,

in die nederige stal

In ‘n krip lê daar ‘n kindjie,

koning van die groot heelal

Jesus Christus God en Heer

aan U Koningskind ons eer

2.Hy kom woon hier onder mense,

Hy kom red hul van die dood

Hul wat in Hom glo,

Hom aanneem,

die verlos Hy uit hul nood

Jesus Christus God en Heer

aan U Koningskind ons eer

3.Eenmaal sal Hy as die regter,

in sy Koningsmajesteit

Weer verskyn vanuit die hemel

in volmaakte heerlikheid

Jesus Christus God en Heer

aan U Koningskind ons eer

Kom alle getroues

1.Kom alle getroues, vrolik en vol vreugde

O kom in die gees nou na Bethlehem

Loof daardie kindjie tot ons heil gebore

Kom buig daar in aanbidding (x3)

Voor Jesus die Heer!

2.’n Kind is gebore, loof die God van liefde

Hy kom ons verlos, Hy is wonderbaar

Raadsman en sterke, God en Vors van Vrede!

Ons buig in blye aanbidding (x3)

Verlosser en Heer!

Herders op die ope velde

1.Herders op die ope velde

Het die nag die eng’lekoor

Met die blye evangelies

Uit die hemel aangehoor

Koor:

Kom, loof die Heer, loof die

Heer

Loof die Here God, in die

hoogste heem’le

Kom loof die Heer,loof die Heer

Loof die Here God in die

hoogste hemele!

2.Met hul harte vol van vreugde

Praat hul van die Jesuskind

Herder vir die mens op aarde

Wat verdwaaldes soek en vind

3.Ere in die hoogste hemel

Klink dit nou die wêreld deur

Liefde, vrede, welbehae

Daal in Jesus tot on sneer

Welkom o, stille nag van vrede

1.Welkom o stille nag van vrede

Onder die Suiderkruis

Wyl stemme uit die ou verlede

Oor sterrevelde ruis

Kersfees kom, Kersfees kom

Gee aan God die eer

Skenk ons ‘n helder

somerskersfees

In hierdie land o Heer

2.Hoor jy hoe sag die klokke beier

In eeue-oue taal

Kyk selfs die nagtelike swye

Vertel die ou verhaal

Kersfees kom, Kersfees kom

Gee aan God die eer

Skenk ons ‘n helder

somerskersfees

In hierdie land o Heer

3.Voel jy ook nou Sy warm liefde

As ons die dag gedenk

Toe Hy Sy Seun aan ons gegee

het

Ons grootste kersgeskenk

Christus kom, Christus kom

Gee aan God die eer

Skenk ons ‘n helder

somerskersfees

In hierdie land o Heer

Stille nag, heilige nag

1.Stille nag, heilige nag

Jesuskind, lank verwag

Lig uit lig uit die Vader se ryk

Word uit liefde aan mense gelyk

Loof die hemelse kind

Loof die hemelse kind

2.Stille nag, heilige nag

Hemelvors, ons gee ag

Op die lied van die engelekoor

Herders het dit die eerste gehoor

Juig die Redder is daar

Juig die Redder is daar!

3.Stille nag, heilige nag

Jesus, Heer voor u mag

Voor U ryk moet die duisternis swig

Tot in ewigheid bly die lig

Heer gebore vir ons

Heer gebore vir ons!

O die goeie tyding!

  1. O die goeie tyding, o die blye tyding

Helder klink dit met kersfeestyd

Diep was ons verlore,

Christus is gebore

Juig dan almal,

jubel oor die saligheid

  1. O die goeie tyding, o die blye tyding

Kom met krag in die kersfeestyd

Hy, die Hemelkoning,

maak by mense woning

Hy gebore

in die volheid van die tyd!

3. O die goeie tyding,

o die blye tyding

Oral hoor ons: dis Kersfeestyd!

Blye jubelkore,

loof die Kind gebore

Juig nou mensdom ,

prys Hom tot in ewigheid!

Prediker: Willie van Staden

Lofprysing: Abrie & Ronel

Du Preez

Kerkdiens gelei deur:

Still Bay Baptiste Kerk

http://stillbaybaptist.co.za

Die kollekte by al ons Kersdienste vandag gaan aan:

Ondersteuning van 39 afgetrede pastore / sendelinge en/of hul gades wat onder desperate of moeilike omstandighede leef.

Vir meer inligting sien:

www.durbanvillebaptist.com/life-trust/

Leave a comment