Groei in Geloof – Markus 9:17-27
Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service
1) VOORBEREIDING EN GEBED
Lees die volgende Psalm saam as ‘n gebed ter hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet
Laat almal wat by U hulp soek, jubel en bly wees oor U, laat dié wat op u hulp staat maak, altyddeur sê: God is groot!
Ek is hulpeloos en arm; kom tog gou na my toe, o God. U is my hulp en my redder, Here, moet tog nie talm nie
Amen
(Psalm 70:5–6)
2) AFKONDIGINGS
- DIE PAD VORENTOE
- Eerste Sondag van die maand: een inry-nagmaalsdiens (vir beide Engels en Afrikaans). Geen aanlyn-diens op hierdie Sondae (nie Afrikaans of Engels nie). Meer inligting oor volgende week se inry-nagmaalsdiens word gedurende die week uitgestuur.
- Ander Sondae: aanlyn-dienste (Engels en Afrikaans) soos ons tans doen. Ons moedig u aan om aanlyn kerk saam met een ander persoon / paartjie / gesin te doen.
- Ons sal weer heruvalueer vir Oktober
- VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
- 5de : KC Boswell
- HUWELIKSHERDENDKING
- 2de : Craig & Erna Boswell
- BENODIG U HULP? As u enige hulp hierdie tyd nodig het: fisiese hulp, hulp met kos, geestelike- of emosionele hulp, kontak asb vir Carel-J (084-071-7663)
- PLAN OM DIEGENE TE HELP WAT SIEK WORD MET COVID-19. Ons wil diegene help wat selfkwarantyn nodig het as gevolg van siekte met COVID-19 of wat kontak gehad het met iemand wat positief getoets het. Dit behels twee dinge:
- a) As u siek word of moet self-isoleer, laat weet ons asb. Laat weet ons watter tipe hulp u benodig. Bv hulp met die koop van u kruideniersware, aflewering van etes, u hospitaal toe neem as u nie vervoer het nie, ens.
- b) Ons benodig vrywilligers wat kan help met bogenoemde (koop / maak en aflewering van kos). Laat weet Carel-J as u op hierdie manier kan help.
- KING’S KIDS ONLINE! Die agtste aanlyn King’s Kids video is Vrydag uitgegee: kingskids.org.za/vraag8
Indien u kinders of kleinkinders het wat kan baat vind hierby, stuur hulle gerus na kingskids.org.za - Peet Hands: sy bakkie se enjin het opgepak en dit gaan baie geld kos om dit reg te maak. As u enige finansiële bydrae wil maak, kontak asb vir Carel-J
- BADISA-VOEDSELPAKKE – Badisa weet van baie kwesbare, arm gesinne wat nie in hierdie tye vir hulself kan sorg nie. Hulle pak en lewer kospakkies aan hierdie gesinne af. U kan help deur nie-bederfbare items te koop en dit te plaas in die houers wat by SPAR en OK voorsien word.
3) GETUIENIS
As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem asb ‘n video van uself en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens.
Dis baie maklik om ‘n video op te neem binne-in Whatsapp:
1) Maak whatsapp oop en druk op my naam.
2) Druk op die kamera knoppie aan die onderkant van die skerm
2) Druk op die “reverse” knoppie (🔄) om die foon se voorste kamera te gebruik
3) Hou die sirkel in om ‘n video op te neem.
4) OFFERANDE
BAIE DANKIE AAN ALMAL WAT ONS GETROU FINANSIEEL ONDERSTEUN!
As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u
- EFT na ons bankrekening
- Still Bay Baptist
ABSA Acc no. 40-8681-9877
Branch code 632005
Acc Type : Business Cheque
- Still Bay Baptist
- As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp
5) LOFSANG
Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!
7) GEBED
Laat ons saambid: (Onthou asb om u gebedsversoeke vir my te stuur dat ons dit hier kan insluit. )
-
- Bid vir mense wat siek is met COVID-19. Bid dat God die verspreiding van COVID-19 in Suid-Afrika sal halt. Bid dat die mense wat COVID-19 kry nie so siek sal word dat hulle hospitalisasie nodig het nie.
- Bid vir Amanda Rautenbach en familie. Jaco, (wat op ‘n ventilator in UNITAS hospitaal was agv COVID19 en wat ‘n reeks beroertes gehad het) is hierdie week oorlede.
- Bid asb vir Peet Hands: sy bakkie se enjin het opgepak en dit gaan baie geld kos om dit reg te maak. (Sonder sy bakkie kan hy nie ‘n inkomste maak nie)
- Ons dank die Here vir die reën
- Ons dank die Here dat dit goed gaan met Malie Dreyer. Die dreineringspyp is uitgehaal en sy sê dit gaan goed.
-
- 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
- 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
- Gebed vir vandag:
-
- Bid vir die kerk dat die vreugde van die HERE ons krag sal wees.
-
7) Boodskap: Groei in Geloof
U kan u Bybel oopmaak by Markus 9:17-27 en dan op die skakel hier onder click 🙂
9) Finale Lofsang
10) Seën
Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie
2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!
Amen!