Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service
1) Voorbereiding in Gebed
Lees die volgende Psalms saam as ‘n gebed as hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet
Psalm 5:12–13
5:12 Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel. U beskerm dié wat u Naam liefhet, en hulle juig oor U.
5:13 U laat dit goed gaan met die regverdige, Here, u goedheid beskerm hom soos ’n skild
2) Afkondigings
- VERJAARSDAE EN HUWELIKS-HERDENKINGE
- 1 Mei : Niël Pienaar
-
- Ek is besig om’n databasis op te stel met verjaarsdae en huweliksherdenkings. Ek sal dit uitstuur hierdie week vir korreksie
- IN NOOD. Undien u enige nood het op die oomblik (finansieel, kos, produkte, emosioneel, geestelik), laat weet my asb sodat ons kan help. Ek is ook beskikbaar via Whatsapp Video / Zoom / Jitsi / Skype as u nodig het om met iemand te gesels vir Bybelse berading. Laat weet my asb!
- VIDEO SAAMKUIER Ons dink daaraan om van volgende Sondag af Sondae aande vir so 30 minute ‘n video saamkuier te hê op Jitsi (Dis ‘n groeps-video saamkuier, net soos Zoom). Dan kan ons, nadat almal na die diens geluister het, saamkuier en vir mekaar bid. Laat weet my as u belangstel om deel te neem.
- Kerk Kamp UITGESTEL. Ons kerkkamp sal beplan word vir ‘n tyd na die COVID-19 pandemie.
- King’s Kids Week GEKANSELLEER. Ons moes ongelukkig King’s Kids Week kanselleer hierdie jaar. 😦
3) Offerande
As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u
- EFT na ons bankrekening
- Still Bay Baptist
ABSA Acc no. 40-8681-9877
Branch code 632005
Acc Type : Business Cheque
- Still Bay Baptist
- As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp
4) LOFSANG
Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!
5) GEBED
Spandeer bietjie kwaliteit tyd in gebed
Bid vir die 3 dinge waarvoor ons elke dag wil bid
-
- 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
- 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
- Gebed vir vandag:
- Bid vir ons (en alle ander Christene) om tyd in die Woord te spandeer
6) Boodskap: Ontmoet Jesus soos Simeon het
U kan u Bybel oopmaak by Lukas 2:25-32 en dan op die video hier onder click. 🙂
7) Finale Lofsang
8) Seën
Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie