
1) Al was ek nie daar nie
1. Al was ek nie daar nie,
ek weet dit is waar
Die krip en Maria
en die kindjie by haar
Dis of ek die engel
die boodskap hoor bring
Van Jesus se vrede
wat harte laat sing
2. Al was ek nie daar nie,
ek weet dit is so
Die herders en wyses
het dit eerste geglo
En deur al die jare
bou Jesus sy kerk
Die Gees en en die Woord
kom geloof in ons werk
2) Kom kinders besing met ‘n vrolike stem
1. Kom kinders besing
met ‘n vrolike stem
Die wonder van God
in die stad Bethlehem
Want daar is die Heiland
gebore die nag
Die hoop van die wêreld
deur eeue verwag
2. Geringe klein dorpie
in duister gehul
‘n heilswoord is deur
die geboorte vervul
Die lig van die wêreld,
die God’like kind
Is Jesus in wie ons
die saligheid vind
3. Ons bring soos die herders
en engele weer
Aan Hom alle hulde
ons Heiland en Heer
Verlos van die sonde,
besing ons tesaam
Die roem en die eer
van sy heerlike naam
3) Kom alle getroues
1.Kom alle getroues,
vrolik en vol vreugde
O kom in die gees
nou na Bethlehem
Loof daardie kindjie
tot ons heil gebore
Kom buig daar in aanbidding (x3)
Voor Jesus die Heer!
2.’n Kind is gebore,
loof die God van liefde
Hy kom ons verlos,
Hy is wonderbaar
Raadsman en sterke,
God en Vors van Vrede!
Kom buig daar in aanbidding (x3)
Voor Jesus die Heer!
3.Kom lofsing die Here,
want Hy is ons koning
Vir ons word Hy mens
en oorwin die dood.
Hy heers met reg in
die hemel en op aarde.
Kom buig daar in aanbidding (x3)
Voor Jesus die Heer!
4) Herders op die ope velde
1.Herders op die ope velde
Het die nag die eng’lekoor
Met die blye evangelie
Uit die hemel aangehoor
Koor:
Kom, loof die Heer,
loof die Heer
Loof die Here God,
in die hoogste heem’le
Kom loof die Heer,
loof die Heer
Loof die Here God
in die hoogste hemele!
2.Met hul harte vol van vreugde
Praat hul van die Jesuskind
Herder vir die mens op aarde
Wat verdwaaldes soek en vind
3.Ere in die hoogste hemel
Klink dit nou die wêreld deur
Liefde, vrede, welbehae
Daal in Jesus tot on sneer
5) BOODSKAP
6) Welkom o, stille nag van vrede
1.Welkom o stille nag van vrede
Onder die Suiderkruis
Wyl stemme uit die ou verlede
Oor sterrevelde ruis
Kersfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder
somerskersfees
In hierdie land o Heer
2.Hoor jy hoe sag die klokke beier
In eeue-oue taal
Kyk selfs die nagtelike swye
Vertel die ou verhaal
Kersfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder
somerskersfees
In hierdie land o Heer
3.Voel jy ook nou Sy warm liefde
As ons die dag gedenk
Toe Hy Sy Seun aan ons gegee het
Ons grootste kersgeskenk
Kersfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder
somerskersfees
In hierdie land o Heer
6) Stille nag, heilige nag
1.Stille nag, heilige nag
Jesuskind, lank verwag
Lig uit lig uit die Vader se ryk
Word uit liefde aan mense gelyk
Loof die hemelse kind
Loof die hemelse kind
2.Stille nag, heilige nag
Hemelvors, ons gee ag
Op die lied van die engelekoor
Herders het dit die eerste gehoor
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!
3. Stille nag, heilige nag
Jesus, Heer voor u mag
Voor U ryk moet die duisternis swig
Tot in ewigheid bly die lig
Juig, die Redder is daar! X3
7) Oorwinningslied
1. Ek sien in my gees die glorie
En die almag van die Heer
Die Allerhoogste wat in liefde
Oor sy Koninkryk regeer
Hy’t belowe aan die einde
Op die wolke kom Hy weer
Hy is Koning, Hy regeer
C: Loof Hom, prys Hom,
halleluja (3x)
Hy is Koning, Hy regeer
2. Die Here is ons vesting
Wat vir altyd sal bly staan
Hy beskerm elke mens
Wat in geloof na Hom toe gaan
Hy’s ons skuiling,
Hy’s ons wapen,
Hy’t die vyand reeds verslaan
Hy is die rots wat ewig staan
C: Loof Hom, prys Hom,
halleluja (3x)
Hy is die rots wat ewig staan
3. Kom deel nou in ons loflied
Hef jou hande op na bo
Blaas basuine, slaan op dromme
En kom dans voor God se oë
Kom leef in die oorwinning
Van sy Woord waarin ons glo
want sy Woord sal ewig staan
C: Loof Hom, prys Hom,
halleluja (3x)
Want Sy Woord sal ewig staan 2x
Sy Woord sal ewig staan.
Prediker: Willie van Staden
Kerkdiens gelei deur: Stillbaai Baptiste Kerk (http://stillbaybaptist.co.za)
Vrywillige kollekte by Kersdiens vandag gaan vir:
Durbanville Baptist Church Life Trust
Ondersteuning van 30 afgetrede pastore / sendelinge en/of hul gades wat onder desperate of moeilike omstandighede leef. (Tans word ‘n moontlike verdere 15 begunstigdes ondersoek)
Vir meer inligting sien: www.durbanvillebaptist.com/life-trust/
DBC LIFE TRUST
PBO No: 930026524
Registration No: IT 5091/2007
Bank Account: ABSA Cheque Account No: 40-7030-4163
Branch: Tyger Manor













