
Al was ek nie daar nie
1.Al was ek nie daar nie,
ek weet dit is waar
Die krip en Maria
en die kindjie by haar
Dis of ek die engel
die boodskap hoor bring
Van Jesus se vrede
wat harte laat sing
2.Al was ek nie daar nie,
ek weet dit is so
Die herders en wyses
het dit eeste geglo
En deur al die jare
bou Jesus sy kerk
Die Gees en en die Woord
kom geloof in ons werk
Kom kinders besing met ‘n vrolike stem
1.Kom kinders besing
met ‘n vrolike stem
Die wonder van God
in die stad Bethlehem
Want daar is die Heiland
gebore die nag
Die hoop van die wêreld
deur eeue verwag
2.Geringe klein dorpie
in duister gehul
‘n heilswoord is deur
die geboorte vervul
Die lig van die wêreld,
die God’like kind
Is Jesus in wie ons
die saligheid vind
4.Ons bring soos die herders
en engele weer
Aan Hom alle hulde
ons Heiland en Heer
Verlos van die sonde,
besing ons tesaam
Die roem en die eer
van sy heerlike naam
In die stad van Koning Dawid
1.In die stad van Koning Dawid,
in die nederige stal
In ‘n krip lê daar ‘n kindjie,
koning van die groot heelal
Jesus Christus God en Heer
aan U Koningskind ons eer
2.Hy kom woon hier onder mense,
Hy kom red hul van die dood
Hul wat in Hom glo,
Hom aanneem,
die verlos Hy uit hul nood
Jesus Christus God en Heer
aan U Koningskind ons eer
3.Eenmaal sal Hy as die regter,
in sy Koningsmajesteit
Weer verskyn vanuit die hemel
in volmaakte heerlikheid
Jesus Christus God en Heer
aan U Koningskind ons eer
Kom alle getroues
1.Kom alle getroues,
vrolik en vol vreugde
O kom in die gees
nou na Bethlehem
Loof daardie kindjie
tot ons heil gebore
Kom buig daar in aanbidding (x3)
Voor Jesus die Heer!
2.’n Kind is gebore,
loof die God van liefde
Hy kom ons verlos,
Hy is wonderbaar
Raadsman en sterke,
God en Vors van Vrede!
Ons buig in blye aanbidding (x3)
Verlosser en Heer!
Herders op die ope velde
1.Herders op die ope velde
Het die nag die eng’lekoor
Met die blye evangelie
Uit die hemel aangehoor
Koor:
Kom, loof die Heer,
loof die Heer
Loof die Here God,
in die hoogste heem’le
Kom loof die Heer,
loof die Heer
Loof die Here God
in die hoogste hemele!
2.Met hul harte vol van vreugde
Praat hul van die Jesuskind
Herder vir die mens op aarde
Wat verdwaaldes soek en vind
3.Ere in die hoogste hemel
Klink dit nou die wêreld deur
Liefde, vrede, welbehae
Daal in Jesus tot on sneer
Welkom o, stille nag van vrede
1.Welkom o stille nag van vrede
Onder die Suiderkruis
Wyl stemme uit die ou verlede
Oor sterrevelde ruis
Kersfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder
somerskersfees
In hierdie land o Heer
2.Hoor jy hoe sag die klokke beier
In eeue-oue taal
Kyk selfs die nagtelike swye
Vertel die ou verhaal
Kersfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder somerskersfees
In hierdie land o Heer
3.Voel jy ook nou Sy warm liefde
As ons die dag gedenk
Toe Hy Sy Seun aan ons gegee het
Ons grootste kersgeskenk
Christus kom, Christus kom
Gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder somerskersfees
In hierdie land o Heer
Stille nag, heilige nag
1.Stille nag, heilige nag
Jesuskind, lank verwag
Lig uit lig uit die Vader se ryk
Word uit liefde aan mense gelyk
Loof die hemelse kind
Loof die hemelse kind
2.Stille nag, heilige nag
Hemelvors, ons gee ag
Op die lied van die engelekoor
Herders het dit die eerste gehoor
Juig die Redder is daar
Juig die Redder is daar!
3.Stille nag, heilige nag
Jesus, Heer voor u mag
Voor U ryk moet die duisternis swig
Tot in ewigheid bly die lig
Heer gebore vir ons
Heer gebore vir ons!
BOODSKAP
O die goeie tyding!
O die goeie tyding,
o die blye tyding
Helder klink dit met Kersfeestyd
Diep was ons verlore,
Christus is gebore
Juig dan almal,
jubel oor die saligheid
O die goeie tyding,
o die blye tyding
Kom met krag in die Kersfeestyd
Hy, die Hemelkoning,
maak by mense woning
Hy gebore
in die volheid van die tyd!
3. O die goeie tyding,
o die blye tyding
Oral hoor ons: dis Kersfeestyd!
Blye jubelkore,
loof die Kind gebore
Juig nou mensdom ,
prys Hom tot in ewigheid!
Kerkdiens gelei deur:
Still Bay Baptiste Kerk (http://stillbaybaptist.co.za)
Prediker: Ettienne Basson
Lofprysing: Abrie & Ronel Du Preez
Vrywillige kollekte by Kersdiens vandag gaan vir:
Durbanville Baptist Life Trust
Ondersteuning van 39 afgetrede pastore / sendelinge en/of hul gades wat onder desperate of moeilike omstandighede leef.
Vir meer inligting sien: www.durbanvillebaptist.com/life-trust/