Afrikaanse Samekoms 20 September: Wedergeboorte – ‘n Werk van die Gees

Wedergeboorte: ‘n Werk van die Gees – Johannes 3:1-8

img2

Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service

1) VOORBEREIDING EN GEBED

Lees die volgende Psalm saam as ‘n gebed ter hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet

??? Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het my verhoor in die ruimte.
Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan ’n mens my doen?
Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.
Dit is beter om by die HERE te skuil as om op mense te vertrou.
Dit is beter om by die HERE te skuil as om op edeles te vertrou.

Amen

(Psalm 118:5–9)

2) AFKONDIGINGS

  • DIE PAD VORENTOE
      • 1) Geen Afrikaanse aanlyndiens volgende week nie, maar wel ‘n Engelse aanlyn diens Dis lang-naweek en die Rischmullers is weg, so ongelukkig geen Afrikaanse diens nie, maar ‘n besonderse boodskap van ‘n ander prediker in die Engelse diens wat u nie wil mis nie.
      • 2) Op 4 Oktober hou ons weer ‘n inry-nagmaaldiens by die Brugmark-parkeerterrein.
      • 3) Op 11 Oktober hoop ons om weer aanbiddingsbyeenkomste in die saal te begin. Meer besonderhede hieroor nader aan die tyd, maar vooraf opgeneemde aanlyndienste eindig op daardie dag.
    • LET WEL: Alle pligte by die erediens, behalwe tee-bediening, begin ook om 11 Oktober ( deurdiens, oudiovisuele span, ens.). As u nie van plan is om vanaf 11 Oktober by te woon nie, laat weet my asseblief sodat ons ‘n plan met u pligte kan maak.
    • Dit is DV die plan vorentoe, maar dit sal afhang van verskillende dinge, soos regeringsregulasies en die COVID19-situasie in Stilbaai.
  • VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
    • 25 Sept – Zas van Eeden
  • HUWELIKSHERDENDKING
    • Geen waarvan ons weet nie 🙂
  • THE RETURN – SOUTH AFRICA 
    • Op Saterdag nooi ons u uit om by die kerksaal om 15:00 – 16:30 by ons aan te sluit terwyl ons in nederigheid en berou bymekaarkom om vir herlewing te bid. Kontak asseblief vir Denise Sanders (082 588 8200) as u meer inligting benodig.
    • WhatsApp Image 2020-09-18 at 15.13.46
    • Sien die volgende video vir meer inligting:
  • BENODIG U HULP? As u enige hulp hierdie tyd nodig het: fisiese hulp, hulp met kos, geestelike- of emosionele hulp, kontak asb vir Carel-J (084-071-7663)
  • PLAN OM DIEGENE TE HELP WAT SIEK WORD MET COVID-19. Ons wil diegene help wat selfkwarantyn nodig het as gevolg van siekte met COVID-19 of wat kontak gehad het met iemand wat positief getoets het. Dit behels twee dinge:
    • a) As u siek word of moet self-isoleer, laat weet ons asb. Laat weet ons watter tipe hulp u benodig. Bv hulp met die koop van u kruideniersware, aflewering van etes, u hospitaal toe neem as u nie vervoer het nie, ens.
    • b) Ons benodig vrywilligers wat kan help met bogenoemde (koop / maak en aflewering van kos). Laat weet Carel-J as u op hierdie manier kan help.
  • KING’S KIDS ONLINE! Die eldfde aanlyn King’s Kids video is Vrydag uitgegee: kingskids.org.za/vraag11
    Indien u kinders of kleinkinders het wat kan baat vind hierby, stuur hulle gerus na kingskids.org.za
  • BADISA-VOEDSELPAKKE – Badisa weet van baie kwesbare, arm gesinne wat nie in hierdie tye vir hulself kan sorg nie. Hulle pak en lewer kospakkies aan hierdie gesinne af. U kan help deur nie-bederfbare items te koop en dit te plaas in die houers wat by SPAR en OK voorsien word.

3) GETUIENIS

As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem asb ‘n video van uself en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens.

Dis baie maklik om ‘n video op te neem binne-in Whatsapp:
1) Maak whatsapp oop en druk op my naam.
2) Druk op die kamera knoppie aan die onderkant van die skerm
2) Druk op die “reverse” knoppie  (🔄) om die foon se voorste kamera te gebruik
3) Hou die sirkel in om ‘n video op te neem.

4) OFFERANDE

BAIE DANKIE AAN ALMAL WAT ONS GETROU FINANSIEEL ONDERSTEUN!

As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u

  • EFT na ons bankrekening
    • Still Bay Baptist
      ABSA Acc no. 40-8681-9877
      Branch code 632005
      Acc Type : Business Cheque
  • As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp

5) LOFSANG

Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!

7) GEBED

Laat ons saambid: (Onthou asb om u gebedsversoeke vir my te stuur dat ons dit hier kan insluit. )

    • Bid vir mense wat siek is met COVID-19. Bid dat God die verspreiding van COVID-19 in Suid-Afrika sal halt. Bid dat die mense wat COVID-19 kry nie so siek sal word dat hulle hospitalisasie nodig het nie.
    • 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
      2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
      3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
  • Gebed vir vandag:
      • Bid vir die kerke in Suid-Afrika. Bid dat Christusgesentreerde, Bybels-gelowige, Geesvervulde, Evangelieverkondigende kerke in elke dorp in Suid-Afrika sal vestig.

7) Boodskap: Wedergeboorte: ‘n Werk van die Gees

U kan u Bybel oopmaak by Johannes 3:1-8 en dan op die skakel hier onder click 🙂

9) Finale Lofsang

10) Seën

Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie

2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

Amen!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s