Afrikaanse Aanlyn Diens: 8 Augustus 2021

Die Krag Van Liefde

Please note: Any blocks marked “advertisement” are not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service.

1) Voorbereiding en Gebed

Goeiemore! Bid hierdie gebed saam om jou hart reg te kry vir die samekoms.

LOOF die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U be-kleed —
wat Uself omhul met die lig soos met ’n kleed, wat die hemel uitspan soos ’n tentdoek;
wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,
wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.

Amen

Psalm 104:1–4

2) Afkondigings

  • VERJAARSDAE:
    • Niemand (!) As dit u verjaarsdag hierdie week is en ons het dit gemis, laat weet ons asb!
  • HUWELIKSHERDENKINGS
    •  Geen
  • POPI (Protection Of Personal Information) Act

    • As u nog nie ‘n POPI vorm ingevul het nie, doen dit asb so gou as moontlik 🙂

    • Die POPI-wet vereis dat ons (en alle organisasies in Suid-Afrika) u toestemming moet kry om u persoonlike inligting te stoor / publiseer.
    • Kan u dus ‘n ander vorm invul met u besonderhede wat u ook vra om spesifiek toestemming te gee om u inligting te stoor en te publiseer, tesame met u handtekening.
    • U kan die onderstaande vorm aflaai, of u kan dit by die inligtingstafel in die kerk kry.
      Form to Gather Information from People for Church
    • Stuur asseblief die voltooide vorm ASAP aan Carel-J
  • HELP PLAASLIK

    • BADISA VOEDSELPAKKIES – Badisa weet van baie kwesbare, arm gesinne wat gedurende hierdie tye nie in staat is om hulself te onderhou nie. Hulle pak en lewer kospakkies by hierdie gesinne af. U kan help deur nie-bederfbare items in die houers wat by SPAR en OK aangebied word, te koop en te plaas.
    • Kontak Carel-J as u emosioneel en geestelik sukkel en berading benodig.
    • Kontak Carel-J of een van die ouderlinge as u fisiese behoeftes het.

3) Getuienis

As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem asb ‘n video van uself en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens.

Dis baie maklik om ‘n video op te neem binne-in Whatsapp:
1) Maak whatsapp oop en druk op my naam.
2) Druk op die kamera knoppie aan die onderkant van die skerm
2) Druk op die “reverse” knoppie  (🔄) om die foon se voorste kamera te gebruik
3) Hou die sirkel in om ‘n video op te neem.

4) Offerande

As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u

  • EFT na ons bankrekening
    • Still Bay Baptist
      ABSA Acc no. 40-8681-9877
      Branch code 632005
      Acc Type : Business Cheque
  • As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp

 

5) GEBED

  • MENSE OP DIE BULLETIN VIR WIE ONS VANDAG BID:
    • Mervyn & Jeanette Kent
    • Caroline & Caitlyn Kent
    • Des & Thea Quinton
  • PRYS-ITEMS

    • Prys die Here dat ons weer bymekaar kan vergader
  • PRAYER REQUESTS:

    • GESONDHEIDSPROBLEME Bid vir mense wat te doen het met gesondheidsprobleme: Martha, Godwin,  Yvonne en haar dogter Desiree, Garness, Sue (Delene se suster),  Des Schoombie
    • Bid vir Louise en haar familie met die afsterwe van haar suster, Elize.
    • COVID-19. Die COVID-getalle in Stilbaai en Melkhoutfontein is steeds baie hoog. Bid vir die beskerming en genesing deur God, en ook dat mense wys sal wees om protokolle te volg om die verdere, onnodige verspreiding van die siekte te voorkom.
    • Bid vir alle mense wat in publieke plekke werk waar hulle met baie mense in kontak is. Bid dat hulle beskerm word teen COVID-19.
    • Bid asseblief vir die hospitale in die Tuinroete (insluitend Riversdal) wat oorvol is, grotendeels a.g.v. COVID-19. Bid vir die dokters en die ander mediese personeel vir krag en uithouvermoë

7) LOFSANG

 

 

8) BOODSKAP

9) Nagmaal

10) Laaste Lied

10) Seën

Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie

2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

Amen!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s