Die Krag Van Hoop
Please note: Any blocks marked “advertisement” are not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service.
1) Voorbereiding en Gebed
Goeiemore! Bid hierdie gebed saam om jou hart reg te kry vir die samekoms.
16 Geen koning word deur ‘n groot leër verlos nie; ‘n krygsheld red homself nie deur groot krag nie. 17 ‘n Perd bied vals hoop vir oorwinning, deur sy groot krag kan hy nie bevry nie. 18 Kyk, die Here hou sy oog op dié wat vir Hom ontsag het, op dié wat hulle hoop vestig op sy troue liefde, 19 om hulle lewens van die dood te red en hulle aan die lewe te hou tydens hongersnood. 20 Met ons hele wese wag ons op die Here; Hy is ons hulp en ons skild.
Amen
Psalm 33
2) Afkondigings
- VERJAARSDAE:
- 20th Peet Hands
- 20th Johannes van Zyl.
- HUWELIKSHERDENKINGS
- 15th Paul & Janine de Villiers;
- 16th Henry & Louise Jansen
-
POPI (Protection Of Personal Information) Act
-
As u nog nie ‘n POPI vorm ingevul het nie, doen dit asb so gou as moontlik 🙂
- Die POPI-wet vereis dat ons (en alle organisasies in Suid-Afrika) u toestemming moet kry om u persoonlike inligting te stoor / publiseer.
- Kan u dus ‘n ander vorm invul met u besonderhede wat u ook vra om spesifiek toestemming te gee om u inligting te stoor en te publiseer, tesame met u handtekening.
- U kan die onderstaande vorm aflaai, of u kan dit by die inligtingstafel in die kerk kry.
Form to Gather Information from People for Church - Stuur asseblief die voltooide vorm ASAP aan Carel-J
-
-
HELP PLAASLIK
- BADISA VOEDSELPAKKIES – Badisa weet van baie kwesbare, arm gesinne wat gedurende hierdie tye nie in staat is om hulself te onderhou nie. Hulle pak en lewer kospakkies by hierdie gesinne af. U kan help deur nie-bederfbare items in die houers wat by SPAR en OK aangebied word, te koop en te plaas.
- Kontak Carel-J as u emosioneel en geestelik sukkel en berading benodig.
- Kontak Carel-J of een van die ouderlinge as u fisiese behoeftes het.
3) Getuienis
As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem asb ‘n video van uself en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens.
Dis baie maklik om ‘n video op te neem binne-in Whatsapp:
1) Maak whatsapp oop en druk op my naam.
2) Druk op die kamera knoppie aan die onderkant van die skerm
2) Druk op die “reverse” knoppie () om die foon se voorste kamera te gebruik
3) Hou die sirkel in om ‘n video op te neem.
4) Offerande
As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u
- EFT na ons bankrekening
- Still Bay Baptist
ABSA Acc no. 40-8681-9877
Branch code 632005
Acc Type : Business Cheque
- Still Bay Baptist
- As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp
5) GEBED
- MENSE OP DIE BULLETIN VIR WIE ONS VANDAG BID:
- Tieners wat Dinsdae die Bybelstudie bywoon.
-
PRYS-ITEMS
- Prys die Here dat ons weer kan ontmoet (veilig!) In persoon.
- Prys die Here dat Janine de Villiers se heupoperasie goed afgeloop het.
- Prys die Here dat die operasie van Des Schoombie goed verloop het.
- Prys die Here dat die skandering van Aedan Rischmuller getoon het dat hy nie ernstige probleme met sy heup het nie, maar net ‘n bietjie water op die heup as gevolg van ontsteking.
- Prys die Here vir sy wonderbaarlike genesing van mense wat COVID gehad het, bv. Charl Enslin en Meisie Botha
-
PRAYER REQUESTS:
- GESONDHEIDSPROBLEME Bid vir mense wat te doen het met gesondheidsprobleme: Martha, Godwin, Yvonne en haar dogter Desiree, Garness, Sue (Delene se suster), Des Schoombie, Cherry (Lynda’s sister)
- COVID-19. Die COVID-getalle in Stilbaai en Melkhoutfontein is steeds baie hoog. Bid vir die beskerming en genesing deur God, en ook dat mense wys sal wees om protokolle te volg om die verdere, onnodige verspreiding van die siekte te voorkom.
- Bid vir alle mense wat in publieke plekke werk waar hulle met baie mense in kontak is. Bid dat hulle beskerm word teen COVID-19.
- Bid asseblief vir die hospitale in die Tuinroete (insluitend Riversdal) wat oorvol is, grotendeels a.g.v. COVID-19. Bid vir die dokters en die ander mediese personeel vir krag en uithouvermoë
7) LOFSANG
8) BOODSKAP
10) Laaste Lied
10) Seën
Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie
2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!
Amen!