
- Verwelkoming en Afkondigings
- Gebed
- Samesang
HERDERS OP DIE OPE VELDE
Herders op die ope velde
het dié nag die englekoor,
met die blye evangelie
uit die hemel aangehoor:
Gloria!
In excelsis deo!
Gloria!
In excelsis deo!
Met hul harte vol van vreugde
praat hul van die Jesuskind:
Herder vir die mens op aarde
wat verdwaaldes soek en vind.
Gloria!
In excelsis deo!
Gloria!
In excelsis deo!
Ere in die hoogste hemel
klink dit nou die wêreld deur
Liefde, Vrede, Welbehae
daal in Jesus tot ons neer.
Gloria!
In excelsis deo!
Gloria!
In excelsis deo!
AL WAS EK NIE DAAR NIE, EK WEET DIT IS WAAR
Al was ek nie daar nie, ek weet dit is waar
Die krip en Maria met die Kindjie by haar
Dis of ek die engel die boodskap hoor bring
Van Jesus se vrede wat harte laat sing
Al was ek nie daar nie, ek weet dit is so
Die herders en wyses het dit eerste geglo
En deur al die jare, bou Jesus Sy kerk
Die Gees en die Woord kom, geloof in ons werk
HOOR DIE BLYE ENG’LELIED
Hoor die blye Eng’lelied
Aan die Koningseun gebied
Vrede op aarde aan God die eer
God daal tot die sondaar neer
Wil met elke hemeling
Ook aan God die loflied bring
Hoor die blye Eng’lelied
Aan die Koningseun gebied
Hoor die blye Eng’lelied
Aan die Koningseun gebied
Christus daar omhoog vereer
Christus ewig God en Heer
Is deur God se raadsbesluit
Uit ‘n reine skoot gespruit
In die vlees sy need’rig lot
Vleesgeworde Woord van God
Mens met mense saamgetel
Jesus ons Immanuel
Hoor die blye Eng’lelied
Aan die Koningseun gebied
Hemelvors wat vrede gee
Deel geregtigheid ons mee
Lig en lewe in elke land
En genesing deur Sy hand
Diep het Hy hier neergedaal
Om ons uit die dood te haal
Deur Sy dood word Adamskind
Ewig weer met God verbind
Hoor die blye Eng’lelied
Aan die Koningseun gebied
STILLE NAG
Stille nag heilige nag
Jesus kind lank verwag
Lig uit lig uit die Vader se ryk
word uit liefde aan mense gelyk
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!
Stille nag, heilige nag
Hemelvors, ons gee ag
op die lied van die engelekoor
Herders het dit die eerste gehoor
Heer gebore vir ons!
Heer gebore vir ons.
Stille nag, heilige nag!
Jesus, Heer, voor u mag,
voor u ryk moet die duisternis swig;
tot in ewigheid bly U die lig—
Juig, die Redder is daar!
Juig, die Redder is daar!
- Boodskap – Willie van Staden
- Slotliedere
SOMERKERSFEES
Welkom, o stille nag van vrede
onder die Suiderkruis
Wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis
Kersfees kom, Kersfees kom,
gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder somerkersfees
in hierdie land, o Heer
Hoor jy hoe sag die klokke beier
in eeue-oue taal
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal
Kersfees kom, Kersfees kom,
gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder somerkersfees
in hierdie land, o Heer
Voel jy ook nou Sy warm liefde
as ons die dag gedenk
Toe Hy Sy Seun aan ons gestuur het,
ons grootste kersgeskenk
Kersfees kom, Kersfees kom,
gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder somerkersfees
in hierdie land, o Heer
OORWINNINGSLIED
Ek sien in my gees die glorie
en die almag van die Heer
Die Allerhoogste wat in liefde
oor sy koninkryk regeer
Hy’t belowe aan die einde
op die wolke kom Hy weer
Hy is Koning Hy regeer
Loof Hom, prys Hom. Halleluja! x3
Hy is Koning Hy regeer
Die Here is ons Vesting
wat vir altyd sal bly staan
Hy beskerm elke mens
wat in geloof na Hom toe gaan
Hy’s ons Skuiling, Hy is ons Wapen,
Hy het die vyand reeds verslaan
Hy is die Rots wat ewig staan
Loof Hom, prys Hom. Halleluja! x3
Hy is Koning Hy regeer
Kom deel nou in ons loflied
hef jou hande op na bo
Blaas basuine, slaan op tromme
En kom dans voor God se oë
Kom leef in die oorwinning
van sy Woord waarin ons glo
Want sy Woord sal ewig staan
Loof Hom, prys Hom. Halleluja! x3
Sy Woord sal ewig staan x3
6. Seën
As jy ‘n vrywillige bydrae wil maak vir afgetrede pastore wat swaarkry:
Trust Details: DBC Life Trust
PBO No: 930026524,
Registration No. IT 5091/2007
Bank Account ABSA
Cheque Account No: 40-7030-4163
Branch: Tyger Manor
Verwysing: Ellensrust

