Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service
1) VOORBEREIDING
4 belangrike dinge vir vandag!
2) GEBED
Lees die volgende Psalm saam as ‘n gebed ter hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet
Psalm 84:2–5
84:2 Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare!
84:3 My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.
84:4 Selfs vind die mossie ’n huis en die swaweltjie ’n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God!
84:5 Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.
Amen
3) AFKONDIGINGS
- VERJAARSDAE EN HUWELIKS-HERDENKINGE
- 14 Mei : Hannes Vermaak
-
- My verskoning dat ek nog nie die naamlys uitgestuur het nie; dinge hou my besig tydens tuiskluis! Ek doen dit so gou as moontlik
- IN NOOD. Undien u enige nood het op die oomblik (finansieel, kos, produkte, emosioneel, geestelik), laat weet my asb sodat ons kan help. Ek is ook beskikbaar via Whatsapp Video / Zoom / Jitsi / Skype as u nodig het om met iemand te gesels vir Bybelse berading. Laat weet my asb!
- VIDEO SAAMKUIER Ons dink daaraan om Sondae aande vir so 30 minute ‘n video saamkuier te hê op Jitsi (Dis ‘n groeps-video saamkuier, net soos Zoom). Dan kan ons, nadat almal na die diens geluister het, saamkuier en vir mekaar bid. Laat weet my as u belangstel om deel te neem.
- HELP BADISA SOP MAAK. As u wil kan u Badisa help deur sop te maak vir hulle. Die sop word 6 dae per week in Melkhoutfontein uitgedeel. Hulle voorsien ook steeds behoeftige gesinne in Stilbaai en Melkhoutfontein met kospakkies. As u hierby wil bydra, kan u kos plaas in die waentjies by Spar en OK.
- Kerk Kamp UITGESTEL. Ons kerkkamp sal beplan word vir ‘n tyd na die COVID-19 pandemie.
- King’s Kids Week GEKANSELLEER. Ons moes ongelukkig King’s Kids Week kanselleer hierdie jaar. 😦
- MEI SEENINGE AAN JOU. Gedurende die maand Mei het ons ‘n persoonlike uitreik en ons wil almal van u nooi om deel te neem. Dis baie eenvoudig: jy bid dat die Here iemand op jou hart plaas en bid ook hoe jy die persoon kan seën op ‘n praktiese manier om so die liefde van Jesus te wys. Toe ons die “uitreik” beplan het, het ons gehoop vir mense wat ander se gras kan sny, oornooi vir etes, ens. Maar met die COVID-19 pandemie sal ons wys en slim moet wees om interessante, wettige maniere te kry om mense te seën.
4) OFFERANDE
As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u
- EFT na ons bankrekening
- Still Bay Baptist
ABSA Acc no. 40-8681-9877
Branch code 632005
Acc Type : Business Cheque
- Still Bay Baptist
- As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp
5) LOFSANG
Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!
6) GEBED
Laat ons saambid: (Onthou asb om u gebedsversoeke vir my te stuur dat ons dit hier kan insluit. )
- Bid vir Louise Jansen se suster met kanker. Die kanker het verder versprei en sy gaan vir agressiewe kanker-behandeling.
- Bid vir Daniela de Jager wat blyplek nodig het: sy soek na ‘n woonstel om te huur in Stilbaai.
- Bid vir besighede wat swaarkry tydens pandemie
- Bid vir mense wat hulle werk verloor het.
Bid vir die 3 dinge waarvoor ons elke dag wil bid
-
- 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
- 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
- Gebed vir vandag:
- Bid vir die regering dat hulle wyse besluite sal neem. En dat hulle al hulle goeie planne wat hulle maak sal uitvoer.
7) Boodskap: Opstand teen die regering?
U kan u Bybel oopmaak by Titus 3 en dan op die video hier onder click. 🙂
8) Finale Lofsang
Die finale lied was aangevra deur Alta Ferreira 🙂
9) Seën
Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie