DIE PRYS VAN ‘N WARE ONTMOETING
Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service
1) VOORBEREIDING EN GEBED
Lees die volgende Psalm saam as ‘n gebed ter hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet
Psalm 97:9–12
97:9 U, Here, is die Allerhoogste oor die hele aarde, hoog verhewe bo alle gode.
97:10 Julle het die Here lief; haat dan wat sleg is! Hy bewaar die lewe van sy troue dienaars, Hy red hulle uit die greep van die goddelose.
97:11 Vir die regverdiges het daar lig gekom, blydskap vir die opregtes.
97:12 Wees bly in die Here, regverdiges, prys sy heilige Naam
Amen
2) AFKONDIGINGS
- VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
- Niemand van wie ons weet nie!
- As ons u verjaarsdag gemis het, laat weet ons asb!
- Niemand van wie ons weet nie!
- IN NOOD. Undien u enige nood het op die oomblik (finansieel, kos, produkte, emosioneel, geestelik), laat weet my asb sodat ons kan help. Onder vlak 3 tuiskluis is ek ‘n essensiële werker (!) so laat weet my asb indien u nodig het dat ek ‘n draai by u maak.
- HELP BADISA SOP MAAK. As u wil kan u Badisa help deur sop te maak vir hulle. Die sop word 6 dae per week in Melkhoutfontein uitgedeel. Hulle voorsien ook steeds behoeftige gesinne in Stilbaai en Melkhoutfontein met kospakkies. As u hierby wil bydra, kan u kos plaas in die waentjies by Spar en OK. Kontak asb vir BADISA as u kan help: 028 754 2203
- King’s Kids Week GEKANSELLEER. King’s Kids Week sou more begin het! Ons bid vir die Here se genade dat ons volgende jaar weer King’s Kids kan hou.
- HUIDIGLIK NOG GEEN SONDAGDIENSTE BY KERKSAAL. Ons het besluit om NIE ons Sondag groot groepbyeenkomste te begin onder die huidige regulasies nie. Totdat ons weer kan ontmoet, sal ons voortgaan met kerk-in-elke-huis (aanlyn kerk)
3) GETUIENIS
As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem asb ‘n video van uself en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens.
Dis baie maklik om ‘n video op te neem binne-in Whatsapp:
1) Maak whatsapp oop en druk op my naam.
2) Druk op die kamera knoppie aan die onderkant van die skerm
2) Druk op die “reverse” knoppie (🔄) om die foon se voorste kamera te gebruik
3) Hou die sirkel in om ‘n video op te neem.
4) OFFERANDE
As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u
- EFT na ons bankrekening
- Still Bay Baptist
ABSA Acc no. 40-8681-9877
Branch code 632005
Acc Type : Business Cheque
- Still Bay Baptist
- As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp
5) LOFSANG
Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!
6) GEBED
Laat ons saambid: (Onthou asb om u gebedsversoeke vir my te stuur dat ons dit hier kan insluit. )
-
- Bid vir Alta Ferreira se ma (96j). Haar gips is hierdie week vervang en sy gaan Vrydag weer vir X-strale. Bid vir haar aangesien sy geen besoekers mag ontvang by Huis Stilbaai nie.
- Bid vir Cornelia Schoombie. Sy was by die dokter en die rede vir haar blackouts is bloeddruk probleme.
- Bid vir besighede wat swaarkry tydens pandemie
- Bid vir mense wat hulle werk verloor het.
- Pastor Neil Tobin’s family (He was the pastor at Portlands Baptist in Mitchell’s Plain). He died Saturday morning from COVID-19.

Bid vir die 3 dinge waarvoor ons elke dag wil bid
-
- 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
- 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
- Gebed vir vandag:
-
- Bid vir die sendelinge. Vra die Here om jou te wys of jy dalk een van die sendelinge persoonlik finansieel moet ondersteun.
-
- Sien hier onder die sendelinge wat ons kerk ondersteun


7) Boodskap: DIE PRYS VAN ‘N WARE ONTMOETING
U kan u Bybel oopmaak by Mattheus 8 en dan op die video hier onder click. 🙂
9) Finale Lofsang
10) Seën
Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie
2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!
Amen!
