Afrikaanse Samekoms: 19 Julie

GOEIE VREES vs SLEGTE VREES

img2.png

Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service

1) VOORBEREIDING EN GEBED

Lees die volgende Psalm saam as ‘n gebed ter hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet

Psalm 56:10–14
Die dag wanneer ek na U roep om hulp, val my vyande terug. Dít weet ek: God is aan my kant.
In God, wie se woord ek prys, in die Here, wie se woord ek prys,
in God stel ek my vertroue, ek is nie bang nie. Wat kan ’n mens aan my doen?
Ek moet my geloftes aan U nakom, o God, ek wil U met dankoffers betaal,
want U het my van die dood gered, my voet nie laat struikel nie, en met God by my kon ek my pad aanhou loop en die lewenslig bly sien

Amen

2) AFKONDIGINGS

  • WANNEER GAAN ONS WEER BYMEKAAR KOM? Dit is ‘n moeilike besluit met baie dinge wat oorweeg moet word. Met die uitbreek van die COVID-19 wat vinnig in Suid-Afrika groei, is dit nou die tyd om fisiese kontak te vermy. As u iets kan doen sonder om iemand fisies te ontmoet: doen dit so. Dit geld ook vir ons Sondagbyeenkomste. Maar in die komende weke sal die ouderlinge bespreek wat die beste manier is om vorentoe te beweeg.
  • LAAT ONS WEET HOE DIT GAAN. Dankie aan diegene wat op my Whatsapp-boodskap geantwoord het. As u dit nog nie gedoen het nie, stuur my dan u antwoord dat ek dit kan bymekaarsit en na die hele groep kan stuur. (Ek weet u kan nie in die groep reply nie, so stuur ‘n direkte boodskap vir my asb) Dit help ons om as kerk-gesin verbind te bly en om te weet hoe om vir mekaar te bid
    1) Hoe gaan dit met jou? Watter pad het God in hierdie dae van die grendeltyd met jou geloop?
    2) Stuur asseblief al u gebedsversoeke oor uself of geliefdes.

  • KING’S KIDS ONLINE! Die tweede aanlyn King’s Kids video is Vrydag uitgegee: kingskids.org.za/vraag2
    Indien u kinders of kleinkinders het wat kan baat vind hierby, stuur hulle gerus na kingskids.org.za
  • VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
    • 20 Julie : Thys Bester
    • 24 Jule : Ronelle von Landsberg
      • As ons u verjaarsdag of huweliksherdenking gemis het, laat weet ons asb!
  • IN NOOD. Undien u enige nood het op die oomblik (finansieel, kos, produkte, emosioneel, geestelik), laat weet my asb sodat ons kan help
  • HELP BADISA SOP MAAK. As u wil kan u Badisa help deur sop te maak vir hulle. Van Maandag af gaan hulle net vir die kinders kos maak, omdat die ouers nou weer kan werk / werk soek. Kontak asb vir BADISA as u kan help: 028 754 2203
  • BADISA-VOEDSELPAKKE – Badisa weet van baie kwesbare, arm gesinne wat nie in hierdie tye vir hulself kan sorg nie. Hulle pak en lewer kospakkies aan hierdie gesinne af. U kan help deur nie-bederfbare items te koop en dit te plaas in die houers wat by SPAR en OK voorsien word.
    HELP BADISA DEUR SOUP TE MAAK.
    Badisa sal nog sop maak vir die kinders van Melkhoutfontein. Kontak asb hulle kantoor 0839735772 as u sop daarvoor kan maak en skenk.

3) GETUIENIS

As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem asb ‘n video van uself en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens.

Dis baie maklik om ‘n video op te neem binne-in Whatsapp:
1) Maak whatsapp oop en druk op my naam.
2) Druk op die kamera knoppie aan die onderkant van die skerm
2) Druk op die “reverse” knoppie  (🔄) om die foon se voorste kamera te gebruik
3) Hou die sirkel in om ‘n video op te neem.

4) OFFERANDE

BAIE DANKIE AAN ALMAL WAT GETROU ONS FINANSIEEL ONDERSTEUN!

As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u

  • EFT na ons bankrekening
    • Still Bay Baptist
      ABSA Acc no. 40-8681-9877
      Branch code 632005
      Acc Type : Business Cheque
  • As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp

5) LOFSANG

Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!

7) GEBED

Laat ons saambid: (Onthou asb om u gebedsversoeke vir my te stuur dat ons dit hier kan insluit. )

    • Bid vir mense wat siek is met COVID-19. Bid dat God die drastiese verspreiding van COVID-19 in Suid-Afrika sal halt. Bid dat die mense wat COVID-19 kry nie so siek sal word dat hulle hospitalisasie nodig het nie.
    • Bid asb vir Dirk en Bettie Rossouw wat sukkel met hulle gesondheid.

Bid vir die 3 dinge waarvoor ons elke dag wil bid

    • 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
      2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
      3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
  • Gebed vir vandag:
      • Bid vir die regering. Bid dat die Here hulle sal lei om goeie planne en reëls op te stel en dat hulle die planne en reëls goed kan implementeer. Bid dat die regering hul verantwoordelikheid baie ernstig sal neem om die burgers van hierdie land, veral die kwesbaarste, op te pas.

7) Boodskap: GOEIE VREES vs SLEGTE VREES

U kan u Bybel oopmaak by Lukas 8 : 33 – 37 en dan op die video hier onder click. 🙂

9) Finale Lofsang

 

10) Seën

Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie

2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

Amen!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s