Afrikaanse Samekoms: 26 Julie

WANNEER GEBEUR WONDERWERKE?

img2.png

Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service

1) VOORBEREIDING EN GEBED

Lees die volgende Psalm saam as ‘n gebed ter hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet

Psalm 101:1–4
Ek wil sing van u troue liefde en u geregtigheid, ek wil ’n lied sing tot u eer, Here.
Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe. Wanneer kom U na my toe? In my huis wil ek lewe in opregtheid, niks wat sleg is, wil ek nastreef nie. Ek haat wat verkeerd is. Dit mag geen houvas op my hê nie.
Valsheid wil ek van my af weg hou, van kwaad wil ek niks weet nie.

Amen

2) AFKONDIGINGS

  • WANNEER GAAN ONS WEER BYMEKAAR KOM? Dit is ‘n moeilike besluit met baie dinge wat oorweeg moet word. Met die uitbreek van die COVID-19 wat vinnig in Suid-Afrika groei, is dit nou die tyd om fisiese kontak te vermy. As u iets kan doen sonder om iemand fisies te ontmoet: doen dit so. Dit geld ook vir ons Sondagbyeenkomste. Maar in die komende weke sal die ouderlinge bespreek wat die beste manier is om vorentoe te beweeg.
  • PLAN OM DIEGENE TE HELP WAT SIEK WORD MET COVID-19. Ons wil diegene help wat selfkwarantyn nodig het as gevolg van siekte met COVID-19 of wat kontak gehad het met iemand wat positief getoets het. Dit behels twee dinge:
    • a) As u siek word of moet self-isoleer, laat weet ons asb. Laat weet ons watter tipe hulp u benodig. Bv hulp met die koop van u kruideniersware, aflewering van etes, u hospitaal toe neem as u nie vervoer het nie, ens.
    • b) Ons benodig vrywilligers wat kan help met bogenoemde (koop / maak en aflewering van kos). Laat weet Carel-J as u op hierdie manier kan help.
  • KING’S KIDS ONLINE! Die derde aanlyn King’s Kids video is Vrydag uitgegee: kingskids.org.za/vraag3
    Indien u kinders of kleinkinders het wat kan baat vind hierby, stuur hulle gerus na kingskids.org.za
  • DANIELA DE JAGER se foon is besig om te breek. Indien iemand ‘n tweedehandse foon het wat hulle nie meer gebruik nie, kontak haar asb. (076 818 4553)
  • VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
  • HUWELIKSHERDENDKING
    • 28 Julie : Ned en Zaritha Herman. (58ste herdenking!)
      • As ons u verjaarsdag of huweliksherdenking gemis het, laat weet ons asb!
  • IN NOOD. Undien u enige nood het op die oomblik (finansieel, kos, produkte, emosioneel, geestelik), laat weet my asb sodat ons kan help
  • BADISA-VOEDSELPAKKE – Badisa weet van baie kwesbare, arm gesinne wat nie in hierdie tye vir hulself kan sorg nie. Hulle pak en lewer kospakkies aan hierdie gesinne af. U kan help deur nie-bederfbare items te koop en dit te plaas in die houers wat by SPAR en OK voorsien word.
    HELP BADISA DEUR SOUP TE MAAK.
    Badisa sal nog sop maak vir die kinders van Melkhoutfontein. Kontak asb hulle kantoor 0839735772 as u sop daarvoor kan maak en skenk.

3) GETUIENIS

???

As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem asb ‘n video van uself en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens.

Dis baie maklik om ‘n video op te neem binne-in Whatsapp:
1) Maak whatsapp oop en druk op my naam.
2) Druk op die kamera knoppie aan die onderkant van die skerm
2) Druk op die “reverse” knoppie  (🔄) om die foon se voorste kamera te gebruik
3) Hou die sirkel in om ‘n video op te neem.

4) OFFERANDE

BAIE DANKIE AAN ALMAL WAT GETROU ONS FINANSIEEL ONDERSTEUN!

As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u

  • EFT na ons bankrekening
    • Still Bay Baptist
      ABSA Acc no. 40-8681-9877
      Branch code 632005
      Acc Type : Business Cheque
  • As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp

5) LOFSANG

Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!

7) GEBED

Laat ons saambid: (Onthou asb om u gebedsversoeke vir my te stuur dat ons dit hier kan insluit. )

    • Bid vir mense wat siek is met COVID-19. Bid dat God die drastiese verspreiding van COVID-19 in Suid-Afrika sal halt. Bid dat die mense wat COVID-19 kry nie so siek sal word dat hulle hospitalisasie nodig het nie.
    • Bid vir al die dinge wat die mense gedeel het op die terugvoer vorm: AFRIKAANSE SAMEKOMS – TERUGVOER – 23 Julie
    • Dank die Here vir die reën.
    • Bid asb vir Peet Hands: sy bakkie se enjin het opgepak en dit gaan baie geld kos om dit reg te maak. (Sonder sy bakkie kan hy nie ‘n inkomste maak nie)

Bid vir die 3 dinge waarvoor ons elke dag wil bid

    • 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
      2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
      3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
  • Gebed vir vandag:
      • Bid vir sendelinge. Bid vir die sendelinge wat ons ondersteun (Mouhsines en Bonthuyse) asook vir alle ander sendelinge wat u ken. Bid vir hulle terwyl hulle hul lewens aanbied as lewende offerande (en selfs bereid is om te sterf. Hulle doen dit alles ter wille van diegene wat God nie ken nie.
        As u meer leiding nodig het om vir sendelinge te bid, kan u die SIM Prayer Guide for 2020 aflaai

7) Boodskap: WANNEER GEBEUR WONDERWERKE?

U kan u Bybel oopmaak by Markus 5:21-24 en 35-43 en dan op die skakel hier onder click 🙂

9) Finale Lofsang

10) Seën

Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie

2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

Amen!

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s