Afrikaanse Samekoms: 17 Mei

Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service
img1

1) VOORBEREIDING EN GEBED

Lees die volgende Psalm saam as ‘n gebed ter hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet

Psalm 143:7–8
143:7 Antwoord my tog gou, Here, ek is heeltemal gedaan. Moet tog nie van my af wegkyk dat ek word soos dié wat sterwe nie.
143:8 Laat my elke môre u liefde ondervind, want in u stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig.

Amen

2) AFKONDIGINGS

  • VERJAARSDAE EN HUWELIKS-HERDENKINGE
    • Geen waarvan ons weet nie. Laat weet asb as u hierdie week verjaar.
      • Ek hetvandag die Excel dokument uitgestuur op ons Whatsapp groep. Kan u asb u inligting nagaan. As daar enige verandering is, laat weet my asb.
      • As u nie op die lys is nie maar graag wil wees, laat weet my!
      • As u graag bygevoeg wil word op ons Whatsapp groep, laat weet my asb.
  • IN NOOD. Undien u enige nood het op die oomblik (finansieel, kos, produkte, emosioneel, geestelik), laat weet my asb sodat ons kan help. Ek is ook beskikbaar via Whatsapp Video / Zoom / Jitsi / Skype as u nodig het om met iemand te gesels vir Bybelse berading.  Laat weet my asb!
  • VIDEO SAAMKUIER Ons dink daaraan om Sondae aande vir so 30 minute ‘n video saamkuier te hê op Jitsi (Dis ‘n groeps-video saamkuier, net soos Zoom). Dan kan ons, nadat almal na die diens geluister het,  saamkuier en vir mekaar bid. Laat weet my as u belangstel om deel te neem.
  • HELP BADISA SOP MAAK. As u wil kan u Badisa help deur sop te maak vir hulle. Die sop word 6 dae per week in Melkhoutfontein uitgedeel. Hulle voorsien ook steeds behoeftige gesinne in Stilbaai en Melkhoutfontein met kospakkies. As u hierby wil bydra, kan u kos plaas in die waentjies by Spar en OK. Kontak asb vir BADISA as u kan help: 028 754 2203
  • Kerk Kamp UITGESTEL. Ons kerkkamp sal beplan word vir ‘n tyd na die COVID-19 pandemie.
  • King’s Kids Week GEKANSELLEER. Ons moes ongelukkig King’s Kids Week kanselleer hierdie jaar. 😦
  • MEI SEENINGE AAN JOU. Gedurende die maand Mei het ons ‘n persoonlike uitreik en ons wil almal van u nooi om deel te neem. Dis baie eenvoudig: jy bid dat die Here iemand op jou hart plaas en bid ook hoe jy die persoon kan seën op ‘n praktiese manier om so die liefde van Jesus te wys. Toe ons die “uitreik” beplan het, het ons gehoop vir mense wat ander se gras kan sny, oornooi vir etes, ens. Maar met die COVID-19 pandemie sal ons wys en slim moet wees om interessante, wettige maniere te kry om mense te seën.
    • Hier is ‘n paar idees:
      • Lewer wegneem-kos by hulle huis af.
      • Pluk blomme en laai by hulle huis af.
      • Laai ‘n sak inkopies by hulle huis af
      • Koop ‘n geskenkbewys wat hulle na die tuiskluis kan gebruik. (Baie besighede wat tans nie besigheid kan doen nie, verkoop geskenkbewyse wat u na die tuiskluis kan gebruik)
      • Bied aan om op ‘n praktiese manier te help, deur bv hulle hond vir ‘n stappie te neem.
      • As u weet hulle het onbetaalde rekeninge, bied aan om rekeninge te help betaal.
      • Bel mense wat alleen is gereeld om kontak met hulle te hou
    • Die ideaal is om hierdie dinge anoniem te doen, maar baie van die voorbeelde hierbo kan mens nie anoniem doen nie. As u wil, kan u die kaartjie hier onder uitdruk en saam met u daad van liefde gee.

MEI Seeninge aan jou.

3) GETUIENIS

As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem dit asb op en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens. (Om dit op te neem, neem u video van uself op u foon wat u dan vir my whatsapp)

4) OFFERANDE

As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u

  • EFT na ons bankrekening
    • Still Bay Baptist
      ABSA Acc no. 40-8681-9877
      Branch code 632005
      Acc Type : Business Cheque
  • As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp

5) LOFSANG

Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!

Die volgende lied is aangevra deur Louise Jansen. 🙂

Die volgende lied is aangevra deur Niël en Elsa Pienaar 🙂 

6) GEBED

Laat ons saambid: (Onthou asb om u gebedsversoeke vir my te stuur dat ons dit hier kan insluit. )

  • Bid vir Louise Jansen se suster met kanker. Die kanker het verder versprei en sy gaan vir agressiewe kanker-behandeling.
  • Bid vir Daniela de Jager wat blyplek nodig het: sy soek na ‘n woonstel om te huur in Stilbaai.
  • Bid vir besighede wat swaarkry tydens pandemie
  • Bid vir mense wat hulle werk verloor het.

Bid vir die 3 dinge waarvoor ons elke dag wil bid

    • 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
      2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
      3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
  • Gebed vir vandag:
    • Sê DANKIE. Maak ‘n lys van al die goeie dinge wat die Here aan u gegee en gedoen het tydens die tuiskluis (lockdown) en dank Hom daarvoor.

7) Boodskap: Leer uit die dissipels se eerste ontmoeting met Jesus

U kan u Bybel oopmaak by Mattheus 4 en dan op die video hier onder click. 🙂

8) Finale Lofsang: I have decided to follow Jesus!

9) Seën

Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie

2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s