Afrikaanse Samekoms: 24 Mei

Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service
img2

1) VOORBEREIDING EN GEBED

Lees die volgende Psalm saam as ‘n gebed ter hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet

Psalm 143:7–8
143:7 Antwoord my tog gou, Here, ek is heeltemal gedaan. Moet tog nie van my af wegkyk dat ek word soos dié wat sterwe nie.
143:8 Laat my elke môre u liefde ondervind, want in u stel ek my vertroue. Wys my die pad wat ek moet loop, want my hoop is op U gevestig.

Amen

2) AFKONDIGINGS

  • VERJAARSDAE 
    • 25 Mei – Johnie Bouwer
    • 25 Mei – Jeanette Rall
      • Ek het verlede week die Excel dokument uitgestuur op ons Whatsapp groep. Kan u asb u inligting nagaan. As daar enige verandering is, laat weet my asb.
      • As u nie op die lys is nie maar graag wil wees, laat weet my!
      • As u graag bygevoeg wil word op ons Whatsapp groep, laat weet my asb.
  • IN NOOD. Undien u enige nood het op die oomblik (finansieel, kos, produkte, emosioneel, geestelik), laat weet my asb sodat ons kan help. Ek is ook beskikbaar via Whatsapp Video / Zoom / Jitsi / Skype as u nodig het om met iemand te gesels vir Bybelse berading.  Laat weet my asb!
  • VIDEO SAAMKUIER Ons dink daaraan om Sondae aande vir so 30 minute ‘n video saamkuier en saambid te hê op Jitsi (Dis ‘n groeps-video program, net soos Zoom). Dan kan ons, nadat almal na die diens geluister het,  saamkuier en vir mekaar bid. Laat weet my as u belangstel om deel te neem.
  • HELP BADISA SOP MAAK. As u wil kan u Badisa help deur sop te maak vir hulle. Die sop word 6 dae per week in Melkhoutfontein uitgedeel. Hulle voorsien ook steeds behoeftige gesinne in Stilbaai en Melkhoutfontein met kospakkies. As u hierby wil bydra, kan u kos plaas in die waentjies by Spar en OK. Kontak asb vir BADISA as u kan help: 028 754 2203
  • Kerk Kamp UITGESTEL. Ons kerkkamp sal beplan word vir ‘n tyd na die COVID-19 pandemie.
  • King’s Kids Week GEKANSELLEER. Ons moes ongelukkig King’s Kids Week kanselleer hierdie jaar. 😦
  • MEI SEENINGE AAN JOU. Dis jou laaste kans om die Here se praktiese liefde te wys aan iemand anders gedurende die maand Mei. (Maar natuurlik hoop ons dat ons elke dag sal lewe om God se liefde aan ander te wys op praktiese maniere)
    • Hier onder is weer ‘n paar idees:
      • Lewer wegneem-kos by hulle huis af.
      • Pluk blomme en laai by hulle huis af.
      • Laai ‘n sak inkopies by hulle huis af
      • Koop ‘n geskenkbewys wat hulle na die tuiskluis kan gebruik. (Baie besighede wat tans nie besigheid kan doen nie, verkoop geskenkbewyse wat u na die tuiskluis kan gebruik)
      • Bied aan om op ‘n praktiese manier te help, deur bv hulle hond vir ‘n stappie te neem.
      • As u weet hulle het onbetaalde rekeninge, bied aan om rekeninge te help betaal.
      • Bel mense wat alleen is gereeld om kontak met hulle te hou
    • Die ideaal is om hierdie dinge anoniem te doen, maar baie van die voorbeelde hierbo kan mens nie anoniem doen nie. As u wil, kan u die kaartjie hier onder uitdruk en saam met u daad van liefde gee.

MEI Seeninge aan jou.

3) GETUIENIS

As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem dit asb op en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens. (Om dit op te neem, neem u video van uself op u foon wat u dan vir my whatsapp)

4) OFFERANDE

As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u

  • EFT na ons bankrekening
    • Still Bay Baptist
      ABSA Acc no. 40-8681-9877
      Branch code 632005
      Acc Type : Business Cheque
  • As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp

5) LOFSANG

Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!

‘n Nuwe lied (vir ons!) Maar watter pragtige woorde!

6) GEBED

Laat ons saambid: (Onthou asb om u gebedsversoeke vir my te stuur dat ons dit hier kan insluit. )

  • Bid vir Louise Jansen se suster met kanker. Boodskap van Louise: “Alles gaan goed met my sus Elize. Sy het gister weer chemo gekry. Sy oefen en draf en werk. Sy gaan die online Comrades doen dv. Alles gaan goed onder omstandighede. God gee haar krag
  • Bid vir Daniela de Jager wat blyplek nodig het: sy soek na ‘n woonstel om te huur in Stilbaai. Sy soek ook iemand wat haar kan help om haar dinge te stoor vir 2 maande.
  • Bid vir besighede wat swaarkry tydens pandemie
  • Bid vir mense wat hulle werk verloor het.

Bid vir die 3 dinge waarvoor ons elke dag wil bid

    • 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
      2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
      3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
  • Gebed vir vandag:
    • Bid vir al die werkers (assistente, skoonmakers, ens) van winkels, hospitale en ander publieke plekke dat die Here hulle sal veilig hou van die Corona virus.

7) Boodskap: SKEPTIES of SOEKEND?

U kan u Bybel oopmaak by Markus 2 en dan op die video hier onder click. 🙂

8) Finale Lofsang

9) Seën

Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie

2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s