Afrikaanse Samekoms: 7 Junie

GELOOF WAT ‘N VERSKIL MAAK

img1
Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service

1) VOORBEREIDING EN GEBED

Lees die volgende Psalm saam as ‘n gebed ter hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet

Psalm 68:5–7
68:5 Sing ’n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak ’n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is.
68:6 ’n Vader vir weeskinders en ’n beskermer van die reg van weduwees is God in sy heilige woning.
68:7 God laat eensames in ’n huisgesin woon en lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen God in opstand is, woon in ’n kaal woestyn.

Amen

2) AFKONDIGINGS

  • VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
    • 11de: ALWENA KOTZÉ
      • As ons u verjaarsdag gemis het, laat weet ons asb!
  • IN NOOD. Undien u enige nood het op die oomblik (finansieel, kos, produkte, emosioneel, geestelik), laat weet my asb sodat ons kan help. Onder vlak 3 tuiskluis is ek ‘n essensiële werker (!) so laat weet my asb indien u nodig het dat ek ‘n draai by u maak.
  • VIDEO SAAMKUIER Ons dink daaraan om Sondae aande vir so 30 minute ‘n video saamkuier en saambid te hê op Jitsi (Dis ‘n groeps-video program, net soos Zoom). Dan kan ons, nadat almal na die diens geluister het,  saamkuier en vir mekaar bid. Laat weet my as u belangstel om deel te neem.
  • HELP BADISA SOP MAAK. As u wil kan u Badisa help deur sop te maak vir hulle. Die sop word 6 dae per week in Melkhoutfontein uitgedeel. Hulle voorsien ook steeds behoeftige gesinne in Stilbaai en Melkhoutfontein met kospakkies. As u hierby wil bydra, kan u kos plaas in die waentjies by Spar en OK. Kontak asb vir BADISA as u kan help: 028 754 2203
  • King’s Kids Week GEKANSELLEER. Ons moes ongelukkig King’s Kids Week kanselleer hierdie jaar. 😦
  • HUIDIGLIK NOG GEEN SONDAGDIENSTE BY KERKSAAL. Ons het besluit om NIE ons Sondag groot groepbyeenkomste te begin onder die huidige regulasies nie. Totdat ons weer kan ontmoet, sal ons voortgaan met kerk-in-elke-huis (aanlyn kerk)

3) GETUIENIS

As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem dit asb op en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens. (Om dit op te neem, neem u video van uself op u foon wat u dan vir my whatsapp)

4) OFFERANDE

As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u

  • EFT na ons bankrekening
    • Still Bay Baptist
      ABSA Acc no. 40-8681-9877
      Branch code 632005
      Acc Type : Business Cheque
  • As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp

5) LOFSANG

Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!

6) GEBED

Laat ons saambid: (Onthou asb om u gebedsversoeke vir my te stuur dat ons dit hier kan insluit. )

  • Bid vir Alta Ferreira se ma (96j) wat terug is in Huis Stilbaai na haar val. Bid asb vir haar want sy is in baie pyn.
  • Bid vir Cornelia Schoombie. Sy het ‘n blackout gehad en geval en sy het ‘n blou-oog en ‘n seer arm. Sy hoop om Maandag dokter toe te kan gaan.
  • Dank die Here dat Daniela de Jager  plek gekry het om te bly.
  • Bid vir besighede wat swaarkry tydens pandemie
  • Bid vir mense wat hulle werk verloor het.

Bid vir die 3 dinge waarvoor ons elke dag wil bid

    • 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
      2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
      3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
  • Gebed vir vandag:
    • Vandag bid ons vir die polisie en alle ander mense wat deel is van wetsonderhouding. Bid vir hul beskerming asook vir geduld en vriendelikheid vir die mense om hulle.

7) Nagmaal

Kry u brood en wyn/sap gereed en gebruik die video hier onder dat ons saam nagmaal kan vier.

8) Boodskap: GELOOF WAT ‘N VERSKIL MAAK

U kan u Bybel oopmaak by Mattheus 8 en dan op die video hier onder click. 🙂

9) Finale Lofsang

10) Seën

Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie

2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

Amen!

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s