IN ‘n STORM SAAM MET JESUS
Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service
1) VOORBEREIDING EN GEBED
Lees die volgende Psalm saam as ‘n gebed ter hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet
Psalm 30:11–13 (AFRIKAAN)
Luister, Here, en wees my genadig! Help my, Here!”
Ek was in die rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.
Daarom sal ek sing tot u eer; ek sal nie stilbly nie. Here my God, vir altyd sal ek U loof
Amen
2) AFKONDIGINGS
- GEEN AFRIKAANSE SAMEKOMS VIR DIE VOLGENDE TWEE WEKE! Tydens skoolvakansies vat ons ‘n breek met die Afrikaanse Samekoms. En met die skoolvakansies wat nou so deurmekaar is, vat Carel-J verlof vir die volgende twee weke. SO GEEN AFRIKAANSE SAMEKOMS OP 27 JUNIE EN 5 JULIE Ons is weer terug 12 Julie. Maar ons wil u van harte uitnooi om vir die volgende twee weke die Engelse diens “by te woon” 🙂
- VADERSDAG! Geseënde Vadersdag aan al die mans. In ons kerk sien wil ons hê ALLE mans moet ‘n vaders-rol vervul. Die Bybel sê in die kerk familie moet alle ouer mans optree as vaders vir die jonger seuns en manne.
(As jy een van hierdie pa’s is, lees asb hierdie artikel van Paul Maxwell na vandag se diens: https://www.desiringgod.org/articles/older-men-younger-men-need-you)
- VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
- Niemand van wie ons weet nie!
- As ons u verjaarsdag gemis het, laat weet ons asb!
- Niemand van wie ons weet nie!
- IN NOOD. Undien u enige nood het op die oomblik (finansieel, kos, produkte, emosioneel, geestelik), laat weet my asb sodat ons kan help. Onder vlak 3 tuiskluis is ek ‘n essensiële werker (!) so laat weet my asb indien u nodig het dat ek ‘n draai by u maak.
- HELP BADISA SOP MAAK. As u wil kan u Badisa help deur sop te maak vir hulle. Die sop word 6 dae per week in Melkhoutfontein uitgedeel. Hulle voorsien ook steeds behoeftige gesinne in Stilbaai en Melkhoutfontein met kospakkies. As u hierby wil bydra, kan u kos plaas in die waentjies by Spar en OK. Kontak asb vir BADISA as u kan help: 028 754 2203
- HUIDIGLIK NOG GEEN SONDAGDIENSTE BY KERKSAAL. Ons het besluit om NIE ons Sondag groot groepbyeenkomste te begin onder die huidige regulasies nie. Totdat ons weer kan ontmoet, sal ons voortgaan met kerk-in-elke-huis (aanlyn kerk)
3) GETUIENIS
As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem asb ‘n video van uself en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens.
Dis baie maklik om ‘n video op te neem binne-in Whatsapp:
1) Maak whatsapp oop en druk op my naam.
2) Druk op die kamera knoppie aan die onderkant van die skerm
2) Druk op die “reverse” knoppie (🔄) om die foon se voorste kamera te gebruik
3) Hou die sirkel in om ‘n video op te neem.
4) OFFERANDE
As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u
- EFT na ons bankrekening
- Still Bay Baptist
ABSA Acc no. 40-8681-9877
Branch code 632005
Acc Type : Business Cheque
- Still Bay Baptist
- As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp
5) LOFSANG
Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!
6) GEBED
Laat ons saambid: (Onthou asb om u gebedsversoeke vir my te stuur dat ons dit hier kan insluit. )
-
- Bid vir Baptiste pastore in Kaapstad wat siek is met COVID-19. Dr Kennedy Mulenga (Lektor by Cape Town Baptist Seminary) was in ICU maar is Vrydag geskuif na ‘n algemene saal en is Saterdag ontslaan. Prys die Here!
- Bid vir besighede wat swaarkry tydens pandemie
- Bid vir mense wat hulle werk verloor het.
Bid vir die 3 dinge waarvoor ons elke dag wil bid
-
- 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
- 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
- Gebed vir vandag:
-
- Eenheid in die kerk. Bid dat die Here ons sal saambind met bande van liefde wat niks of niemand kan breek nie.
-
7) Boodskap: IN ‘n STORM SAAM MET JESUS
U kan u Bybel oopmaak by Markus 4 en dan op die video hier onder click. 🙂
9) Finale Lofsang
10) Seën
Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie
2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!
Amen!