Afrikaanse Samekoms 23 Augustus: Waak en Bid

Waak en Bid – Markus 14:32-42

img2.png

Please note: Any blocks marked “advertisement” is not added by us, but by WordPress. Please ignore these advertisement blocks in following the service

1) VOORBEREIDING EN GEBED

Lees die volgende Psalm saam as ‘n gebed ter hartsvoorbereiding om die Here te ontmoet

HERE, luister na my woorde, let op my versugting.
Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.
In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.

Amen

(Psalm 5:2–4)

2) AFKONDIGINGS

  • DIE PAD VORENTOE – Sien asb die video hier onder vir inligting

  • Ons sal weer heruvalueer vir Oktober 
  • VERJAARSDAE HIERDIE WEEK:
    • Geen
  • HUWELIKSHERDENDKING
    • Geen
      • As ons u verjaarsdag of huweliksherdenking gemis het, laat weet ons asb!
  • BENODIG U HULP? As u enige hulp hierdie tyd nodig het: fisiese hulp, hulp met kos, geestelike- of emosionele hulp, kontak asb vir Carel-J (084-071-7663)
  • PLAN OM DIEGENE TE HELP WAT SIEK WORD MET COVID-19. Ons wil diegene help wat selfkwarantyn nodig het as gevolg van siekte met COVID-19 of wat kontak gehad het met iemand wat positief getoets het. Dit behels twee dinge:
    • a) As u siek word of moet self-isoleer, laat weet ons asb. Laat weet ons watter tipe hulp u benodig. Bv hulp met die koop van u kruideniersware, aflewering van etes, u hospitaal toe neem as u nie vervoer het nie, ens.
    • b) Ons benodig vrywilligers wat kan help met bogenoemde (koop / maak en aflewering van kos). Laat weet Carel-J as u op hierdie manier kan help.
  • KING’S KIDS ONLINE! Die sewende aanlyn King’s Kids video is Vrydag uitgegee: kingskids.org.za/vraag7
    Indien u kinders of kleinkinders het wat kan baat vind hierby, stuur hulle gerus na kingskids.org.za
  • Peet Hands: sy bakkie se enjin het opgepak en dit gaan baie geld kos om dit reg te maak. As u enige finansiële bydrae wil maak, kontak asb vir Carel-J
  • BADISA-VOEDSELPAKKE – Badisa weet van baie kwesbare, arm gesinne wat nie in hierdie tye vir hulself kan sorg nie. Hulle pak en lewer kospakkies aan hierdie gesinne af. U kan help deur nie-bederfbare items te koop en dit te plaas in die houers wat by SPAR en OK voorsien word.

3) GETUIENIS

As u ‘n getuienis met die ander wil deel, neem asb ‘n video van uself en whatsapp vir my. Ek sal dit dan insluit by die diens.

Dis baie maklik om ‘n video op te neem binne-in Whatsapp:
1) Maak whatsapp oop en druk op my naam.
2) Druk op die kamera knoppie aan die onderkant van die skerm
2) Druk op die “reverse” knoppie  (🔄) om die foon se voorste kamera te gebruik
3) Hou die sirkel in om ‘n video op te neem.

4) OFFERANDE

BAIE DANKIE AAN ALMAL WAT ONS GETROU FINANSIEEL ONDERSTEUN!

As God u lei om hierdie bediening finanseel te ondersteun kan u

  • EFT na ons bankrekening
    • Still Bay Baptist
      ABSA Acc no. 40-8681-9877
      Branch code 632005
      Acc Type : Business Cheque
  • As u nie kan EFT nie, kontak asb Bruce Waldek (076 595 9325) vir hulp

5) LOFSANG

Druk op die videos hier onder, stel die klank hoog op en loof die Here saam met ander mense in hulle huise!

7) GEBED

Laat ons saambid: (Onthou asb om u gebedsversoeke vir my te stuur dat ons dit hier kan insluit. )

    • Bid vir mense wat siek is met COVID-19. Bid dat God die verspreiding van COVID-19 in Suid-Afrika sal halt. Bid dat die mense wat COVID-19 kry nie so siek sal word dat hulle hospitalisasie nodig het nie.
    • Bid vir Amanda Rautenbach. Al 3 haar seuns (in Pretoria) is siek met COVID19. Haar middelste seun, Jaco, is op ‘n ventilator in UNITAS hospitaal. Dit gaan beter met die ander twee.
    • Bid asb vir Peet Hands: sy bakkie se enjin het opgepak en dit gaan baie geld kos om dit reg te maak. (Sonder sy bakkie kan hy nie ‘n inkomste maak nie)
    • Ons dank die Here vir die reën
    • Ons dank die Here dat dit goed gaan met Malie. Sy sien die spesialis weer op Maandag om te kyk of die dreineringspype uitgehaal kan word.

3 dinge waarvoor ons elke dag wil bid

    • 1) Geestelike gesondheid. Bid dat God ons krag en moed sal gee om te groei as individue en as ‘n kerk. Bid vir mense om na God te draai.
      2) Fisiese gesondheid Bid vir God om genade te hê op Stilbaai, SA, Afrika en die wêreld. Bid vir genesing en beskerming teen infeksie.
      3) Emosionele gesondheid Bid teen angs, eensaamheid, vrees en depressie
  • Gebed vir vandag:
      • Bid dat ons nie onsself emosioneel en geestelik en ‘gemeenskapwees’ van die res van die kerk sal isoleer nie, maar dat ons (deur watter medium ook al) verbind sal bly met die kerk en mekaar in liefde sal dien. Bid dat God sy kerk sal bou.

7) Boodskap: Waak en Bid

U kan u Bybel oopmaak by Markus 14:32-42 en dan op die skakel hier onder click 🙂

9) Finale Lofsang

10) Seën

Lees die volgende hardop as ‘n seën oor u en u familie

2 Thessalonisense 3:16
Mag die Here, wat vrede gee, julle altyd in alle opsigte vrede gee! Die Here sal by julle almal wees!

Amen!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s