


Al was ek nie daar nie
1.Al was ek nie daar nie,ek weet dit is waar
Die krip en Maria en die kindjie by haar
Dis of ek die engel die boodskap hoor bring
Van Jesus se vrede wat harte laat sing
2.Al was ek nie daar nie, ek weet dit is so
Die herders en wyses het dit eeste geglo
En deur al die jare bou Jesus sy kerk
Die Gees en en die woord kom geloof in ons werk
Kom kinders besing met ‘n vrolike stem
1.Kom kinders besing met ‘n vrolike stem
Die wonder van God in die stad Bethlehem
Want daar is die Heiland gebore die nag
Die hoop van die wêreld deur eeue verwag
2.Geringe klein dorpie in duister gehul
‘n heilswoord is deur die geboorte vervul
Die lig van die wêreld, die God’like kind
Is Jesus in wie ons die saligheid vind
4.Ons bring soos die herders en engele weer
Aan Hom alle hulde ons Heiland en Heer
Verlos van die sonde, besing ons tesaam
Die roem en die eer van sy heerlike naam
In die stad van Koning Dawid
1.In die stad van Koning Dawid,
in die nederige stal
In ‘n krip lê daar ‘n kindjie,
koning van die groot heelal
Jesus Christus God en Heer
aan U Koningskind ons eer
2.Hy kom woon hier onder mense,
Hy kom red hul van die dood
Hul wat in Hom glo,
Hom aanneem,
die verlos Hy uit hul nood
Jesus Christus God en Heer
aan U Koningskind ons eer
3.Eenmaal sal Hy as die regter,
in sy Koningsmajesteit
Weer verskyn vanuit die hemel
in volmaakte heerlikheid
Jesus Christus God en Heer
aan U Koningskind ons eer
Kom alle getroues
1.Kom alle getroues, vrolik en vol vreugde
O kom in die gees nou na Bethlehem
Loof daardie kindjie tot ons heil gebore
Kom buig daar in aanbidding (x3)
Voor Jesus die Heer!
2.’n Kind is gebore, loof die God van liefde
Hy kom ons verlos, Hy is wonderbaar
Raadsman en sterke, God en Vors van Vrede!
Ons buig in blye aanbidding (x3)
Verlosser en Heer!
Herders op die ope velde
1.Herders op die ope velde
Het die nag die eng’lekoor
Met die blye evangelies
Uit die hemel aangehoor
Koor:
Kom, loof die Heer, loof die
Heer
Loof die Here God, in die
hoogste heem’le
Kom loof die Heer,loof die Heer
Loof die Here God in die
hoogste hemele!
2.Met hul harte vol van vreugde
Praat hul van die Jesuskind
Herder vir die mens op aarde
Wat verdwaaldes soek en vind
3.Ere in die hoogste hemel
Klink dit nou die wêreld deur
Liefde, vrede, welbehae
Daal in Jesus tot on sneer
Welkom o, stille nag van vrede
1.Welkom o stille nag van vrede
Onder die Suiderkruis
Wyl stemme uit die ou verlede
Oor sterrevelde ruis
Kersfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder
somerskersfees
In hierdie land o Heer
2.Hoor jy hoe sag die klokke beier
In eeue-oue taal
Kyk selfs die nagtelike swye
Vertel die ou verhaal
Kersfees kom, Kersfees kom
Gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder
somerskersfees
In hierdie land o Heer
3.Voel jy ook nou Sy warm liefde
As ons die dag gedenk
Toe Hy Sy Seun aan ons gegee
het
Ons grootste kersgeskenk
Christus kom, Christus kom
Gee aan God die eer
Skenk ons ‘n helder
somerskersfees
In hierdie land o Heer
Stille nag, heilige nag
1.Stille nag, heilige nag
Jesuskind, lank verwag
Lig uit lig uit die Vader se ryk
Word uit liefde aan mense gelyk
Loof die hemelse kind
Loof die hemelse kind
2.Stille nag, heilige nag
Hemelvors, ons gee ag
Op die lied van die engelekoor
Herders het dit die eerste gehoor
Juig die Redder is daar
Juig die Redder is daar!
3.Stille nag, heilige nag
Jesus, Heer voor u mag
Voor U ryk moet die duisternis swig
Tot in ewigheid bly die lig
Heer gebore vir ons
Heer gebore vir ons!
O die goeie tyding!
Helder klink dit met kersfeestyd
Diep was ons verlore,
Christus is gebore
Juig dan almal,
jubel oor die saligheid
Kom met krag in die kersfeestyd
Hy, die Hemelkoning,
maak by mense woning
Hy gebore
in die volheid van die tyd!
3. O die goeie tyding,
o die blye tyding
Oral hoor ons: dis Kersfeestyd!
Blye jubelkore,
loof die Kind gebore
Juig nou mensdom ,
prys Hom tot in ewigheid!
Prediker: Willie van Staden
Lofprysing: Abrie & Ronel
Du Preez
Kerkdiens gelei deur:
Still Bay Baptiste Kerk
Die kollekte by al ons Kersdienste vandag gaan aan:
Ondersteuning van 39 afgetrede pastore / sendelinge en/of hul gades wat onder desperate of moeilike omstandighede leef.
Vir meer inligting sien:

1) Welcome & Gebed
2) Bybel Voorlesing #1:
Romans 8:3-4, Matteus 11:28-30
3) Joy to the World
1. Joy to the world. The Lord is come
Let earth receive her King
Let ev’ry heart prepare Him room
And heav’n and nature sing 2x
And heav’n….. and heav’n
And nature sing
2. Joy to the earth! The Saviour reigns;
Let men their songs employ;
while fields and floods, rocks, hils and plains
Repeat the sounding joy, 2x
Repeat, repeat the sounding joy.
3. He rules the world with truth and grace
And makes the nations prove
The glories of His righteousness,
And wonders of His love, 2x
And wonders, wonders of his love.
4) O Holy Night
1. O holy night! The stars are brightly shining
It is the night of our dear Saviour’s birth
Long lay the world in sin and error pining
‘Til He appeared and the soul felt its worth
A thrill of hope the weary world rejoices
For yonder breaks a new and glorious morn
C: Fall on your knees;
O hear the angel voices!
O night divine, O night
when Christ was born.
O night, divine,
O night, o night divine.
5) Al Was Ek Nie Daar Nie.
1. Al was ek nie daar nie
ek weet dit is waar
Die krip en Maria
met die Kindjie by haar
Dis asof die engel
die boodskap nog bring
Van Jesus, Sy vrede
wat harte laat sing
2 Al was ek nie daar nie
ek weet dit is so
Die herders en wyses
het dit eerste geglo
En deur al die jare
bou Jesus Sy kerk:
Die Gees en die Woord
kom geloof in ons werk
6) Kom Kinders Besing
1. Kom, kinders, besing met ‘n vrolike stem
die wonder van God in die stad Betlehem,
want daar is die Heiland gebore, dié nag,
die hoop van die wêreld, deur eeue verwag.
2. Geringe klein dorpie in duister gehul,
‘n heilswoord is deur dié geboorte vervul:
Die lig van die wêreld, die God’like Kind,
is Jesus in wie ons die saligheid vind!
4. Ons bring soos die herders en engele weer
aan Hom alle hulde, ons Heiland en Heer.
Verlos van die sonde, besing ons tesaam
die roem en die eer van sy heerlike Naam.
7) Bible Reading #2:
Luke 2:8–20
8) O Come All Ye Faithful
1. O come, all ye faithful,
joyful and triumphant
O come ye, O come ye to Bethlehem
Come and behold Him,
Born the King of angels
C: O come, let us adore Him 3x
Christ the Lord
2. Sing choirs of angels,
sing in exultation,
Sing all ye citizens of Heaven above!
Glory to God,
in the highest!
3. Yea, Lord, we greet Thee,
born this happy morning,
Jesus to thee be all glory giv’n:
Word of the Father,
now in flesh appearing
9) Hark the Herald Angel Sing
1. Hark! The herald angels sing,
“Glory to the newborn King!
Peace on earth and mercy mild,
God and sinners reconciled.”
Joyful, all ye nations rise,
Join the triumph of the skies,
With th’angelic host proclaim:
“Christ is born in Bethlehem.”
Hark! The herald angels sing,
“Glory to the newborn King!”
2. Christ by highest heav’n adored,
Christ the everlasting Lord!
Late in time behold Him come,
Offspring of a Virgin’s womb.
Veiled in flesh the Godhead see,
Hail the incarnate Deity,
Pleased as man with man to dwell,
Jesus, our Emmanuel.
Hark! The herald angels sing,
“Glory to the newborn King!”
3. Hail the heav’n-born Prince of Peace!
Hail the Son of Righteousness!
Light and life to all He brings,
Ris’n with healing in His wings.
Mild He lays His glory by,
Born that man no more may die,
Born to raise the sons of earth,
Born to give them second birth.
Hark! The herald angels sing,
“Glory to the newborn King!”
10) O Christus diepst’ verlange
1. O Christus, diepst’ verlange
van elke sterweling,
met welke jubelsange
sal ons u koms besing?
Ontvlam in hierdie dae
ons harte deur u Gees,
en skenk in welbehae
u luister aan ons fees!
3 U, wat as Hemelkoning
in heerlikheid regeer,
soek onder mense woning,
daal as ons broeder neer.
Die sondaar, diepverlore,
wil U van skuld bevry,
en ondere eng’lekore
is ook my plek berei.
11) Herders Op Die Ope Velde
1. Herders op die ope velde
het dié nag die eng’lekoor
met die blye evangelie
uit die hemel aangehoor:
C: Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste heem’le.
Kom, loof die Heer,
loof die Heer,
loof die Here God
in die hoogste hemele.
2. Met hul harte vol van vreugde
praat hul van die Jesuskind:
Herder vir die mens op aarde
wat verdwaaldes soek en vind.
3. Ere in die hoogste hemel,
klink dit nou die wêreld deur:
Liefde, vrede, welbehae
daal in Jesus tot ons neer.
12) Bybel voorlesing #3:
Psalm 22:23-27
13) Turn your eyes upon Jesus
1. Turn your eyes upon Jesus
Look full in His wonderful face
And the things of earth will grow strangely dim
In the light of His glory and grace
2. Turn your eyes to the hillside
Where justice and mercy embraced
There the Son of God gave His life for us
And our measureless debt was erased
C:Jesus, to You we lift our eyes
Jesus, our glory and our prize
We adore You, behold You,
our Savior ever true
Oh Jesus, we turn our eyes
to You
3 Turn your eyes to the morning
And see Christ the Lion awake
What a glorious dawn, fear of death is gone
For we carry His life in our veins
4. Turn your eyes to the heavens
Our King will return for His own
Every knee will bow, every tongue will shout,
‘All glory to Jesus alone!’
14) Jesus strong and kind
1. Jesus said that if I thirst
I should come to Him
No one else can satisfy
I should come to Him
2. Jesus said, if I am weak
I should come to Him
No one else can be my strength
I should come to Him
C: For the Lord is good and
faithful
He will keep us day and night
We can always run to Jesus
Jesus, strong and kind
3. Jesus said that if I fear
I should come to Him
No one else can be my shield
I should come to Him
4.Jesus said, if I am lost
He will come to me
And He showed me on that cross
He will come to me
15) Ek soek U O God
1. Ek soek U, o God, my God,
ek dors na U, God.
Soos ‘n land sonder water,
wil ek tot u nader
om by U te wees,
om by U te wees.
.
2. As ek saans aan U dink, my God,
oor U peins in die nag,
dan weet ek U help my,
U hand ondersteun my.
Ek wil naby U bly,
ek wil naby U bly.
.
C: Want U liefde is meer werd as die lewe,
daarom sal ek U vir altyd prys;
my hande ophef om u Naam te eer,
want U is die Heer vir wie ons lewe, lewe, lewe.
16) Oorwinningslied
1. Ek sien in my gees die glorie
En die almag van die Heer
Die Allerhoogste wat in liefde
Oor sy Koninkryk regeer
Hy’t belowe aan die einde
Op die wolke kom Hy weer
Hy’s Koning Hy regeer
C: Loof Hom, prys Hom,
halleluja (3x)
Hy’s Koning Hy regeer
2 Die Here is ons vesting
Wat vir altyd sal bly staan
Hy beskerm elke mens
Wat in geloof na Hom toe gaan
Hy’s ons skuiling, Hy’s ons wapen,
Hy’t die vyand reeds verslaan
Hy’s die rots wat ewig staan
C: Loof Hom, prys Hom,
halleluja (3x)
Hy’s die rots wat ewig staan
3. Kom deel nou in ons loflied
Hef jou hande op na bo
Blaas basuine, slaan op dromme
En kom dans voor God se oë
Kom leef in die oorwinning
Van sy Woord waarin ons glo
want sy Woord sal ewig staan
C: Loof Hom, prys Hom,
halleluja (3x)
Sy Woord sal ewig staan
17) Collection for Badisa.
Light lamps / glowsticks.
18) Somerkersfees
1. Welkom, o stille nag van vrede,
Onder die suiderkruis,
Wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis:
C: Kersfees kom,
Kersfees kom –
Gee aan God die eer.
Skenk ons ‘n helder
Somerkersfees
In hierdie land, o Heer.
2. Hoor jy hoe sag die klokke beier
in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.
3. Voel jy ook nou Sy warm liefde
as ons die dag gedenk,
toe Hy sy Seun aan ons gegee het –
ons grootste Kersgeskenk.
19) Silent Night
1. Silent night! Holy night!
All is calm, all is bright
Round yon virgin mother and Child
Holy infant, so tender and mild,
Sleep in heavenly peace,
Sleep in heavenly peace
2. Silent night, Holy night
Shepherds quake, at the sight
Glories stream from heaven above
Heavenly, hosts sing “Alleluiah!”
Christ the Savior is born,
Christ the Savior is born
3. Silent night! Holy night!
Son of God, love’s pure light,
Radiant beams from Thy holy face
With the dawn of redeeming grace
Jesus Lord at Thy birth,
Jesus Lord at Thy birth.
20) Stille Nag
1. Stille nag, heilige nag!
Jesuskind, lank verwag,
Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,
word uit liefde aan mense gelyk.
Loof die hemelse Kind! 2x
2. Stille nag, heilige nag!
Hemelvors, ons gee ag
op die lied van die engelekoor.
Herders het dit die eerste gehoor:
Juig, die Redder is daar! 2x
3. Stille nag, heilige nag!
Jesus, Heer, voor u mag,
voor u ryk moet die duisternis swig;
tot in ewigheid bly U die lig –
Heer, gebore vir ons! 2X
24) Afsluiting: Gebed

Good day! (Afrikaans weergawe van die e-pos na die Engelse een hier onder.)
This year we return again to the system we used a couple of years ago: The 4 Bookmarks Bible Reading Plan. It is a plan to read the whole Bible in one year by reading 4 passages in 4 different parts of the bible each day.
You can get free copies of the bookmarks at the information table at church.
Bookmark 1 takes you through the whole Old Testament, except for the wisdom books
Bookmark 2 takes you through the wisdom books of the Old Testament (Psalms, Proverbs, Ecclesiastes, Song of Solomon and Job)
Bookmark 3 takes you through the 4 gospels, Matthew, Mark, Luke and John
Bookmark 4 takes you through the rest of the New Testament.
We are going to use the same plan next year again, so if you are a bit overwhelmed by reading 4 passages a day, then we suggest you do bookmarks 1 and 3 this year and then bookmarks 2 and 4 next year. We do encourage you, though, to set time aside to do all 4 bookmarks this year.
Each bookmark also ends on the 25 of each month, so you have some grace days to catch up if you fell behind. 🙂
Blessings and we hope you will join us on this journey through the Bible!
In case you haven’t been able to get your copies from the info desk, I’ll post the readings for January below.-
———————————
Goeie dag!
Hierdie jaar keer ons weer terug na die stelsel wat ons ‘n paar jaar gelede gebruik het: Die 4 Boekmerke Bybelleesplan. Dit is ‘n plan om die hele Bybel in een jaar te lees deur elke dag 4 gedeeltes in 4 verskillende dele van die Bybel te lees.
Jy kan gratis kopieë van die boekmerke by die inligtingstafel by die kerk kry.
Boekmerk 1 neem jou deur die hele Ou Testament, behalwe vir die wysheidsboeke (Psalms, Spreuke, ens.)
Boekmerk 2 neem jou deur die wysheidsboeke van die Ou Testament (Psalms, Spreuke, Prediker, Hooglied van Salomo en Job)
Boekmerk 3 neem jou deur die 4 evangelies, Matteus, Markus, Lukas en Johannes
Boekmerk 4 neem jou deur die res van die Nuwe Testament.
Ons gaan volgende jaar weer dieselfde plan gebruik, so as jy bietjie oorweldig word deur 4 gedeeltes per dag te lees, dan stel ons voor jy doen boekmerke 1 en 3 hierdie jaar en dan boekmerke 2 en 4 volgende jaar. Ons moedig jou egter aan om hierdie jaar tyd opsy te sit om al 4 boekmerke te done.
Elke boekmerk eindig ook op die 25ste van elke maand, so jy het ’n paar grasiedae om in te haal as jy agter geraak het. 🙂
Seën en ons hoop jy sal saam met ons op hierdie reis deur die Bybel!
As jy nog nie jou kopieë by die inligtingstoonbank kon kry nie, sal ek die lesings vir Januarie hieronder plaas.
